Woord vir Vandag - 8 Maart 2026

Loading player...
“…jaloesie is wreed soos die doderyk…” Hooglied 8:6 KAB23
Wanneer jou maat met onsekerheid worstel
As jou maat onseker is, moet jy alles in jou vermoë doen om verantwoordbaar te wees. Dit is belangrik om vrywillig voldoende besonderhede te verskaf. Hy of sy soek immers gerusstelling. Leer om op ‘n informele maar deeglike manier te verduidelik waar en saam met wie jy is. Kort antwoorde sal meer onsekerheid veroorsaak en die persoon verskeie negatiewe scenario’s laat verbeel. ‘n Jaloerse persoon is onseker en twyfel dus oor wat nodig is om die verhouding te handhaaf. Moenie die fout maak om te dink of te sê: ‘Ag, kom nou net oor jou onsekerheid en jaloesie!’ nie. As dit so maklik was, sou jou maat dit teen hierdie tyd al gedoen het. Hou aan om vir hul genesing van hierdie aftakelende ingesteldheid te bid, maar doen ook jou deel om nie die probleem met vae kommunikasie te vererger nie. Moedig jou maat bowenal aan om oor sy of haar vrese te praat. Luister sonder om krities of veroordelend te wees. Probeer eers om te verstaan. Maak dit duidelik dat jy jou maat liefhet en suiwer bedoelings rakende jul verhouding het. Hier is egter iets belangriks om in gedagte te hou: Jy moet jou interaksie gebalanseerd hou. Jy moet dit ook duidelik maak dat jy nie in ‘n emosionele tronk gedwing sal word deur vir elke oomblik van die dag rekenskap te moet gee nie. Dit kan die jaloesie vererger en onrealistiese verwagtinge skep. Vertroue is ‘n tweerigtingstraat. Een manier om vertroue te bou, is deur saam te bid. In gebed word ons eerlik en deursigtig en besef ons dat God reeds elke detail van ons weet. Wanneer jou maat hoor dat jy jou hart in gebed deel, verlig dit ongegronde vrese en skep dit sekuriteit binne-in hulle.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min