Woord vir Vandag - 7 Maart 2026

Loading player...
“Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons…” 1 Korintiërs 10:11 NLV
Lewe in die Beloofde Land
Egipte verteenwoordig ons dae as die slawe van sonde. Toe het Jesus ons bevry en vir ons ‘n nuwe lewe gegee. Ons Beloofde Land is nie ‘n fisiese gebied nie; dit is ‘n geestelike werklikheid. Dit is nie vaste eiendom nie, maar ‘n werklike toestand van hart en gees. Dit is ‘n lewe waarin ‘ons ten spyte van al hierdie dinge besig [is] om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het’ (Romeine 8:37 NLV); ‘n lewe waarin ‘ons nie moed op[gee] nie’ (2 Korintiërs 4:16 NLV). ‘n Lewe waarin ons ‘vol moed en oorstelp van blydskap [is] ten spyte van ons swaarkry’ (2 Korintiërs 7:4 NLV); ons is ‘…oor niks bekommerd… nie’ (Filippense 4:6 NLV); waar ons ‘alles deur gebed en smeking [doen]’ (Efesiërs 6:18 NLV); en ‘n lewe waarin ons alles doen asof ons ‘dit namens die Here Jesus doen. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring’ (Kolossense 3:17 NLV). Max Lucado het geskryf: ‘In Kanaän wen ons meer dikwels as wat ons verloor en gee net so oorvloedig as wat ons ontvang. Ons mag struikel, maar ons stort nie in duie nie. Ons mag sukkel, maar ons raak nie wanhopig nie. Ons roem slegs in Christus, vertrou slegs op God en steun geheel en al op sy krag. Ons geniet oorvloedige vrug en toenemende geloof.’ Kanaän simboliseer die oorwinning wat ons vandag kan ontvang. Daar is net een voorwaarde; ons moet ons rug op die woestynlewe draai. Paulus het geskryf: ‘…God het julle as sy volk gekies… Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het’ (1 Petrus 2:9 NLV).
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min