Woord vir Vandag - 4 Maart 2026

Loading player...
“Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek…” 1 Samuel 17:38 NLV
Gebruik wat God jou gegee het
Die Bybel sê: ‘Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek… ‘Ek kan nie hiermee loop nie,’ sê [Dawid]. Daarom het hy die uitrusting uitgetrek. Hy neem toe sy herderstok, soek vyf gladde klippies in die spruit en sit dit in sy slingersak. Met sy slingervel in die hand loop hy die Filistyn tegemoet’ (verse 38-40 NLV). Dawid moes ‘n keuse maak; een wat sy lotsbestemming sou bepaal. Hy kon die stryd as Saul aanvoer – deur Saul se wapenrusting aan te trek, Saul se swaard rond te swaai en Saul se skild vas te hou. Of hy kon die stryd as Dawid betree – ‘n veewagter met ‘n slingervel. Dawid het ‘n uitstekende rede gehad om nie Saul se wapenrusting te dra of sy swaard te gebruik nie – hy was nie Saul nie. Dawid het besluit om homself te wees – die Dawid wat God geroep, gesalf en vir die taak toegerus het. Daar kom in almal se lewe ‘n tyd waar ons dapper genoeg moet wees om Saul se wapenrusting uit te trek. Dit verg moed om jouself te wees. Ons word almal as unieke mense gebore, maar te veel van ons eindig as nabootsers van iemand anders op. In plaas daarvan om ons uniekheid en die uniekheid van ander te eerbiedig, word ons te gereeld daardeur geïntimideer. Ons laat vaar ons uniekheid omdat ons wil inpas. In een van sy bekendste skrywes, Self-Reliance, het Ralph Waldo Emerson geskryf: ‘There is a time in every man’s education when he arrives at the conviction that… imitation is suicide. He must take himself for better, for worse.’ Dis wat Dawid gedoen het en God het vir hom ‘n groot oorwinning gegee. Dit is wat God wil hê jy moet doen.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min