Woord vir Vandag - 3 Maart 2026

Loading player...
“Jy… sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou...” Eksodus 18:18 NLV
Leer om te delegeer
Die Bybel sê: ‘...die volk… het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tou gestaan… Sy skoonpa sê toe vir Moses: ‘Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie’’ (verse 13. 17-18 NLV). Jy het dalk al agterop vragmotors die bordjie wat hul vraglimiet aandui, opgemerk. As ‘n vragmotor met sy groot enjin vraglimiete het, maak dit sin dat ons ook limiete sal hê. Moses het sy vraglimiet oorskry. Dit was te veel om van die een kant van die kamp van Israel na die ander te hardloop, vergaderings te skeduleer, sperdatums te haal en almal te woord te staan wat sy raad nodig gehad het. Hy het twee opsies gehad: hy kon ineenstort, of die lading met ander begin deel. Moses se skoonpa, Jetro, het vir hom gesê om dit wat net hy kan doen vas te stel en dan die res te delegeer. Elke keer as jy voor ‘n taak wat groter lyk as wat jy alleen kan hanteer te staan kom, sê God vir jou: ‘Moenie dit alleen probeer hanteer nie.’ Jetro het egter nie vir Moses gesê om die werk sommer net te laat staan en dit sommer net iemand anders se verantwoordelikheid te maak nie. Dis ‘n resep wat op ‘n ramp afstuur. Nee, om suksesvol te delegeer, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Kry die regte mense. 2) Gee hulle die regte taak. 3) Vertrou hulle om dit reg te doen; moenie heeltyd oor hulle skouer loer nie. Die woord vir jou vandag is dus – doen wat net jy kan doen, delegeer die res en vertrou op God vir sukses!
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min