Woord vir Vandag - 2 Maart 2026

Loading player...
“Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het…” Johannes 15:16 NLV
God het ‘n doel vir jou lewe
Dit verg nie baie mense om verandering teweeg te bring nie. Trouens, te veel mense kan in die pad van verandering staan. Gideon het 32 000 manskappe geneem om te veg, maar God het slegs 300 nodig gehad. Die waarheid is dat jou lewe ‘n warboel kan wees, omdat te veel mense vir jou sê wat om te doen. Sit die telefoon neer. Maak die deur toe. Skakel die TV af. Gaan kniel voor God en vra Hom om met jou te praat. Hy sal jou die woord gee wat jy nodig het (sien Jesaja 50:4). God het nie ‘n skare nodig nie; Hy het net een persoon wat sal luister en gehoorsaam is, nodig. As Hy ‘n nasie wil begin, sal Hy vir ‘n Abraham ‘n hoop en ‘n visie gee. As Hy ‘n Egiptiese farao wil omverwerp, sal Hy in die biesies reik en ‘n Moses uittrek. Wanneer Hy ‘n voorgeslag vir sy Seun wil hê, sal Hy ‘n Ragab vind. Hy wil net ‘n gewillige hart hê. ‘Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het…’ Ethel Waters, wat gedurende die Billy Graham-veldtogte ‘n sangeres was, was lief daarvoor om te sê: ‘God don’t sponsor no flops.’ Haar sinskonstruksie was dalk effens verkeerd, maar haar teologie was in die kol. Moenie jou lewe bestee deur gewoon te wees nie. Moenie jou lewe in die vorm van iemand anders se verwagtinge giet nie. God het ‘n doel vir jou. Die rede waarom Hy jou deur soveel gehelp het, is omdat Hy ‘n hoër plan en doel vir jou lewe het. Kom vandag in sy teenwoordigheid en vra Hom daaroor uit.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min