Kinderdiens - 25 Januarie 2026

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Markus 3:13-19
Tema: Het Jesus ’n bynaam vir jóú?

Net soos met Jesus se dissipels, roep Hy elkeen van ons ook op die naam. Hy ken ons en wil ons gebruik. Hy nooi ons om saam met Hom aan tafel te sit – aan die nagmaalstafel – en werklik tuis te voel.

Hoe voel dit om só geroep te word? En dink ’n bietjie hieroor: wanneer Jesus byname aan sy dissipels gegee het, was dit nooit om hulle af te kraak nie, maar om iets van hul menswees en roeping te openbaar.

Wat dink jy sou Sy bynaam vir jóú gewees het?
25 Jan Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Goeie Vrydag - 03 April 2026

Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie,…
3 Apr 23 min

Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers…
22 Mar 25 min

Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit…
15 Mar 26 min

Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe…
8 Mar 26 min

Reis deur Efesiërs - Deel 5 (01 Maart 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy van môre af anders na jou eie lewe kyk? Wat as jy ontdek dat jy nie toevallig hier is nie – nie maar net nóg ’n naam op ’n lidmaatlys nie – maar deel van ’n groter, goddelike ontwerp wat reeds…
1 Mar 39 min