Woord vir Vandag - 26 Feb 2026

Loading player...
“…gee dan julleself aan Hom as ‘n lewende en heilige offer…” Romeine 12:1 NLV
‘n Opofferende lewe
Met die nasionale staatskas wat deur ‘n reeks duur oorloë uitgeput is, het koning Frederik Willem III van Pruise besef dat daar ‘n ernstige tekort aan geld is om die land na die oorloë te herbou. Hy het geweier om aan sy vyande toe te gee en kon nie sy mense teleurstel nie. Hy het dus die vroue van Pruise gevra om hul goue en silwer juweliersware te bring om gesmelt te word, sodat dit vir die dinge wat die nasie dringend nodig gehad het, geruil kon word. Soos elke vrou haar juweliersware gebring het, is sy ‘n ysterkenteken as simbool van die koning se dankbaarheid gegee. Die woorde: ‘Ek het goud vir yster gegee, 1813,’ was daarop gegraveer. Die vroue het begin om hierdie kentekens van die koning meer as hul vorige juwele te waardeer! Hul kentekens was die bewys dat hulle vir hul koning opgeoffer het. Trouens, in die vroeë negentiende-eeuse Pruise het dit hoogs onmodieus vir vroue om juweliersware te dra, maar baie modieus om ‘n kruis van yster te dra, geword. Dit was hieruit wat die Orde van die Ysterkruis gestig is. Daar is twee kante van die Christelike lewe: seën en opoffering. Paulus het gesê: ‘Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou…’ (Filippense 3:8 NLV). Jesus het die koste van dissipelskap as volg uitgespel: ‘…As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom’ (Matteus 16:24 NLV). Die gesangedigter het geskryf: ‘Take up thy cross and follow me,’ I hear my blessed Saviour call. How can I make a lesser sacrifice when Jesus gave his all?’
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min