Woord vir Vandag - 26 Feb 2026
Loading player...
“…gee dan julleself aan Hom as ‘n lewende en heilige offer…” Romeine 12:1 NLV
‘n Opofferende lewe
Met die nasionale staatskas wat deur ‘n reeks duur oorloë uitgeput is, het koning Frederik Willem III van Pruise besef dat daar ‘n ernstige tekort aan geld is om die land na die oorloë te herbou. Hy het geweier om aan sy vyande toe te gee en kon nie sy mense teleurstel nie. Hy het dus die vroue van Pruise gevra om hul goue en silwer juweliersware te bring om gesmelt te word, sodat dit vir die dinge wat die nasie dringend nodig gehad het, geruil kon word. Soos elke vrou haar juweliersware gebring het, is sy ‘n ysterkenteken as simbool van die koning se dankbaarheid gegee. Die woorde: ‘Ek het goud vir yster gegee, 1813,’ was daarop gegraveer. Die vroue het begin om hierdie kentekens van die koning meer as hul vorige juwele te waardeer! Hul kentekens was die bewys dat hulle vir hul koning opgeoffer het. Trouens, in die vroeë negentiende-eeuse Pruise het dit hoogs onmodieus vir vroue om juweliersware te dra, maar baie modieus om ‘n kruis van yster te dra, geword. Dit was hieruit wat die Orde van die Ysterkruis gestig is. Daar is twee kante van die Christelike lewe: seën en opoffering. Paulus het gesê: ‘Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou…’ (Filippense 3:8 NLV). Jesus het die koste van dissipelskap as volg uitgespel: ‘…As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom’ (Matteus 16:24 NLV). Die gesangedigter het geskryf: ‘Take up thy cross and follow me,’ I hear my blessed Saviour call. How can I make a lesser sacrifice when Jesus gave his all?’