Woord vir Vandag - 25 Feb 2026

Loading player...
“Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie.” Psalm 103:2 NLV
Wees tevrede
‘n Spotprent in die koerant het twee lande wat deur ‘n draadheining verdeel is, gewys. Albei was ewe groot met welige, groen gras. Elke veld het ‘n bees gehad wie se kop deur die draadheining gesteek het en gras van die ander se weiding geëet het. Alhoewel elke bees deur gras omring was, het die aangrensende veld meer begeerlik gelyk - al was dit moeiliker om te bereik. In die proses het die beeste se koppe in die heining vasgehaak, hulle het paniekerig geraak en onbeheerst begin bulk omdat hulle hulself nie kon bevry nie. Die spotprenttekenaar het die situasie met een byskrif beskryf: ‘ONTEVREDENHEID.’ Daar is ‘n les vir ons elkeen in hierdie spotprent. Wanneer ons fokus op dit wat ons nie het nie of dit wat iemand anders het, word ons blind vir die seëninge wat ons omring. Dawid het geskryf: ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy verlos jou van die dood, bekroon jou met liefde en medelye. Hy vul jou lewe met goeie dinge…’ (verse 2-5 NLV). Doelwitte om groter dinge te bereik en om beter dinge te begeer kan ‘n goeie ding wees, mits jy: 1) Die Here raadpleeg om dit te bereik: ‘...Die Here… sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV), en 2) Terwyl God daaraan werk, jy tevrede is met dit wat Hy reeds vir jou gegee het: ‘...Laat wat julle het vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie’’ (Hebreërs 13:5 NLV). Wees dus tevrede.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min