Woord vir Vandag - 25 Feb 2026

Loading player...
“Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie.” Psalm 103:2 NLV
Wees tevrede
‘n Spotprent in die koerant het twee lande wat deur ‘n draadheining verdeel is, gewys. Albei was ewe groot met welige, groen gras. Elke veld het ‘n bees gehad wie se kop deur die draadheining gesteek het en gras van die ander se weiding geëet het. Alhoewel elke bees deur gras omring was, het die aangrensende veld meer begeerlik gelyk - al was dit moeiliker om te bereik. In die proses het die beeste se koppe in die heining vasgehaak, hulle het paniekerig geraak en onbeheerst begin bulk omdat hulle hulself nie kon bevry nie. Die spotprenttekenaar het die situasie met een byskrif beskryf: ‘ONTEVREDENHEID.’ Daar is ‘n les vir ons elkeen in hierdie spotprent. Wanneer ons fokus op dit wat ons nie het nie of dit wat iemand anders het, word ons blind vir die seëninge wat ons omring. Dawid het geskryf: ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy verlos jou van die dood, bekroon jou met liefde en medelye. Hy vul jou lewe met goeie dinge…’ (verse 2-5 NLV). Doelwitte om groter dinge te bereik en om beter dinge te begeer kan ‘n goeie ding wees, mits jy: 1) Die Here raadpleeg om dit te bereik: ‘...Die Here… sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV), en 2) Terwyl God daaraan werk, jy tevrede is met dit wat Hy reeds vir jou gegee het: ‘...Laat wat julle het vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie’’ (Hebreërs 13:5 NLV). Wees dus tevrede.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 28 Feb 2026

“The rich rule over the poor, and the borrower is slave to the lender.” Proverbs 22:7 NIV Be the master of your debt Good credit establishes your future buying power. But when you misuse debt, you experience anxiety each month as you pull the envelope from the mailbox with the…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV Wees die meester van jou skuld Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy…
22 Jan 2 min

Word for Today - 27 Feb 2026

“Whoever trusts in the Lord shall be safe.” Proverbs 29:25 NKJV Trust in the Lord rather than people Sometimes we make the mistake of placing our trust in people when we should be placing our trust in the Lord. And since God cannot fail and people can, we end up…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV Vertrou op die Here, eerder as op mense Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie,…
22 Jan 2 min

Word for Today - 26 Feb 2026

“Present your bodies a living sacrifice…to God.” Romans 12:1 NKJV Sacrificial living With the national coffers depleted from a series of costly wars, King Frederick William III of Prussia found his nation seriously short of funds as it attempted to rebuild. He refused to capitulate to his enemies and couldn’t…
22 Jan 1 min