Woord vir Vandag - 24 Feb 2026

Loading player...
“Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus…” 2 Petrus 3:18 NLV
Hoe om vir jou kinders te bid
Die Bybel sê: ‘Jy moet ook dít weet… dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom’ (2 Timoteus 3:1 NLV). Ons hoef nie ver te soek om te sien dat hierdie Skrif vervul word nie. Daarom moet ons vir die fisiese en geestelike veiligheid van ons kinders bid; dat hulle mag ‘…groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here…’ Heather Riggleman skryf: ‘Terwyl ons na die nuus kyk, ween ons, ons roep uit in woede en dan wonder ons: ‘Hoe kan ons ons kinders beskerm?’ Ons wonder of dit veilig is om hulle by die voordeur uit te stuur. Ons wonder of die wêreld besig is om uitmekaar te val. Niks is meer vreesaanjaend as die besef dat ons hulle nie teen die lewe kan beskerm nie. Alhoewel ons nie ons kinders vir die wêreld kan wegsteek nie, kan ons hulle op veel groter maniere beskerm as om hulle in watte toe te draai of hulle vir die res van hul lewe in hul kamers toe te sluit. Ons kan vir hulle intree en vir wysheid, beskerming, vrede en krag bid.’ Onthou, waar ons ook al bymekaar kom en bid, is Jesus in ons midde (sien Matteus 18:19-20). Paulus het gesê: ‘Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied… Doen alles deur gebed en smeking… Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort’ (Efesiërs 6:13, 18 NLV). Wanneer jy so bid, sal God die beloftes in sy Woord eerbiedig. Hou aan om vir jou kinders in gebed in te tree en moenie moed opgee nie - maak nie saak hoe sleg dinge in die wêreld raak nie.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min