Woord vir Vandag - 23 Feb 2026

Loading player...
“los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer.” Matteus 5:24 NLV
Probeer om te versoen
Ons dink nie genoeg aan die volgende nie, maar ons behoort daaraan te dink! Hoe jy diegene met wie jy in verhouding is behandel, beïnvloed die verhouding wat jy met God het. Jesus het dit duidelik uitgespel: ‘As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens ‘n grief teen jou koester, los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer’ (verse 23-24 NLV). Jesus beveel die oortreder - selfs al was die oortreding onbedoeld - om die inisiatief te neem om die verhouding te genees en te herstel. Dit verg ware nederigheid. Max Lucado skryf: ‘Jy mag dit dalk moeilik vind om te glo, maar nie almal hou van ‘n prediker nie. Daar is tye wanneer ek verkeerd trap of verkeerd praat en die misnoeë van ‘n gemeentelid op die hals haal. In die vroeë jare van my bediening, wanneer ek van iemand se ongelukkigheid te hore gekom het, het ek dit geïgnoreer. ‘As hy of sy nie hul ongelukkigheid met my kom bespreek nie, kan ek nie die probleem oplos nie.’ Dan lees ek egter Jesus se woorde. Jesus beveel die oortreder om die inisiatief te neem. Ek vind dit nogal onaangenaam, maar tog probeer ek om dit op my brose vriendskappe toe te pas. ‘Bob,’ het ek al gevra, ‘het ek iets gesê wat jou ontstel het?’ ‘Mary, dit kom voor asof daar spanning tussen ons twee is. Is alles reg?’ Sonder uitsondering het hierdie stap tot herstel gelei. Nog nooit in my vier dekades van bediening het hierdie praktiese bevel misluk nie. Wanneer die Skrif met gehoorsaamheid gemeng word, lei dit tot genesing.’ Die woord vir jou vandag is dus: Probeer om te versoen.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min