Woord vir Vandag - 22 Feb 2026

Loading player...
“Julle almal weet egter waaroor dit gaan, want julle dra die salwing van die Heilige Gees.” 1 Johannes 2:20 NLV
Doen alles tot eer van God (2)
Hier is nog twee dinge wat jy oor jou roeping moet weet. 1) Die salwing is vir elkeen van ons bedoel. In Bybelse tye is olie slegs op die hoofde van profete, priesters en konings uitgegiet, wat simbolies was dat God se teenwoordigheid op ‘n spesiale manier op hulle rus. Die salwing is egter nie tot diegene in die bediening beperk nie; dit is vir almal bedoel - insluitend vir jou! Dit maak nie saak of jy ‘n onderwyser, ‘n dokter of ‘n prokureur is nie. God wil jou salf om te doen wat jy geroep is om te doen. As jy regshulp nodig het, wil jy beslis ‘n prokureur hê wat ‘n regsgraad het, maar jy wil ook ‘n prokureur hê wat deur God gesalf is. As jy ‘n operasie benodig, wil jy beslis ‘n dokter hê wat ‘n mediese graad het, maar jy wil ook ‘n dokter hê wat se hande deur God gesalf is. Die salwing van God ken geen perke wanneer dit by posisie of portefeulje kom nie. Die apostel Johannes skryf: ‘Julle almal weet egter waaroor dit gaan, want julle dra die salwing van die Heilige Gees.’ 2) Ons moet daarna streef om God in alles wat ons doen, te behaag. ‘Wat julle ook al… doen, doen alles tot eer van God’ (1 Korintiërs 10:31 NLV). Dit maak nie saak wat jy doen nie; doen dit tot eer van God. Oswald Chambers het gesê: ‘Ons dink dat ons uitsonderlike dinge vir God moet doen, maar ons hoef nie. Ons moet in gewone dinge uitsonderlik wees.’ Wanneer ons is, sit ons ‘n glimlag op God se gesig.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min