Woord vir Vandag - 21 Feb 2026

Loading player...
“Wat julle ook al… doen, doen alles tot eer van God.” 1 Korintiërs 10:31 NLV
Doen alles tot eer van God (1)
Wanneer dit by jou roeping kom, let die volgende twee dinge op: 1) God roep nie die mense wat reeds vir die taak gekwalifiseerd is nie, Hy kwalifiseer die geroepenes. ‘n God-gegewe droom sal altyd buite jou vermoë en hulpbronne wees, omdat jy dan elke liewe dag op God moet staatmaak! Dawid het gesê: ‘As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs…’ (Psalm 127:1 NLV). Jesus het gesê: ‘…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (Johannes 15:5 NLV). Paulus het gesê: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV). 2) In plaas daarvan om krities te wees, wees kreatief. Kritiek is dikwels net ‘n uitweg vir diegene wat te lui is om die probleem waaroor hulle kla op te los. In plaas daarvan om films of musiek te kritiseer, vervaardig eerder ‘n film of ‘n album wat beter is as die een waaroor jy kla. Die mees konstruktiewe kritiek word kreatiwiteit genoem. Ons behoort meer vir dit waarvoor ons is, as dit waarteen ons is, geken te word. Enigeen kan probleme uitwys. Ons word egter geroep om hierdie probleme op te los deur beter boeke te skryf, beter skole te begin en beter wetgewing op te stel. Ons is gesalf om dit te doen! ‘Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie. Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly’ (1 Johannes 2:27 AFR83).
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min