Woord vir Vandag - 20 Feb 2026

Loading player...
“…Ek het julle vandag bevry van die vernedering van Egipte…” Josua 5:9 NLV
Vry van die skande van die verlede
God het Israel in een dag uit Egipte bevry, maar dit het veertig jaar geneem om die skande van Egipte uit Israel te kry. Dit het by ‘n plek genaamd Gilgal gebeur, 381 myl noordoos van Egipte. Die Israeliete het soos slawe gedink en soos slawe opgetree. Dit is immers moeilik om die siklus na vierhonderd jaar van slawerny te verbreek. Tegnies gesproke is die Israeliete tydens die uittog uit Egipte bevry. Dit was egter eers toe hulle Gilgal bereik het wat hulle die verlede agtergelaat het en waarlik vry geword het. ‘Die Here het vir Josua gesê: ‘Ek het julle vandag bevry van die vernedering van Egipte…’’ Vir sommige van ons neem dit jare om afsluiting van ons gevoelens van veroordeling te kry en die verlede agter te laat. Die goeie nuus is dat God jou vry van die skande van jou verlede kan maak. ‘Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem’ (Romeine 8:1 NLV). Let die woord ‘nou’ op. Volle vergifnis is tans binne ons bereik. Hier en nou. As jy in Christus is, word jy nie meer deur dit wat jy verkeerd gedoen het gedefinieer nie; jy word deur dit wat Christus namens jou reg gedoen het, gedefinieer. Jy is ‘n nuwe skepping, maar soms neem dit tyd vir jou nuwe natuur om tweede natuur te word. Jesus het gekom om die verlede op sy plek te sit - in die verlede. Jy moet dit daar los. Hoe doen jy dit? Deur jouself te sien soos God jou sien - geregverdig (sien 2 Korintiërs 5:21). In plaas daarvan om jouself met skande te beklee, begin om jouself te sien soos God jou sien: beklee met die geregtigheid van Christus.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min