Woord vir Vandag - 19 Feb 2026

Loading player...
“Of verstaan julle nie dat julle liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon… nie?..” 1 Korintiërs 6:19 NLV
Herken God se Gees wat in jou leef
Hou op om jouself te bekommer oor watter mate jy in staat is om God se teenwoordigheid in jou huidige geestelike toestand te ervaar. Sit jou vorige mislukkings en jou toekomstige bekommernisse opsy. As jy ‘n verloste kind van God is, woon sy Heilige Gees in jou. Jesus het gesê: ‘Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’ Dit het Jesus gesê oor die Gees wat die mense wat in Hom glo, sou ontvang…’ (Johannes 7:38-39 NLV). Die Heilige Gees vloei heeltyd binne-in jou, wel in jou op, les jou onbevredigde begeertes en loop oor om diegene rondom jou te verkwik. Sy bedoeling en begeerte is om heeltyd, op elke plek, deur jou te werk. Onthou dat God, Jesus en die Heilige Gees een is. Wanneer ons dus van God wat in jou lewe werk, Jesus wat in jou hart is, of jou liggaam wat die tempel van die Heilige Gees is praat, praat ons van dieselfde ding. John Ortberg vertel van ‘n vriend wat se vyfjarige dogter gesê het: ‘Ek weet Jesus woon in my hart, want wanneer ek my hand daarop sit, kan ek voel hoe Hy daar rondloop.’ Sommige mense lyk asof hulle ‘n innerlike radar het om God se teenwoordigheid op te spoor. Net soos sekere musikante perfekte gehoor het, so het hulle ‘n oor om God se stem te onderskei. Net soos God se teenwoordigheid in jou woon, kan jy bewustelik elke oomblik in God se teenwoordigheid leef.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 28 Feb 2026

“The rich rule over the poor, and the borrower is slave to the lender.” Proverbs 22:7 NIV Be the master of your debt Good credit establishes your future buying power. But when you misuse debt, you experience anxiety each month as you pull the envelope from the mailbox with the…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV Wees die meester van jou skuld Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy…
22 Jan 2 min

Word for Today - 27 Feb 2026

“Whoever trusts in the Lord shall be safe.” Proverbs 29:25 NKJV Trust in the Lord rather than people Sometimes we make the mistake of placing our trust in people when we should be placing our trust in the Lord. And since God cannot fail and people can, we end up…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV Vertrou op die Here, eerder as op mense Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie,…
22 Jan 2 min

Word for Today - 26 Feb 2026

“Present your bodies a living sacrifice…to God.” Romans 12:1 NKJV Sacrificial living With the national coffers depleted from a series of costly wars, King Frederick William III of Prussia found his nation seriously short of funds as it attempted to rebuild. He refused to capitulate to his enemies and couldn’t…
22 Jan 1 min