Woord vir Vandag - 19 Feb 2026

Loading player...
“Of verstaan julle nie dat julle liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon… nie?..” 1 Korintiërs 6:19 NLV
Herken God se Gees wat in jou leef
Hou op om jouself te bekommer oor watter mate jy in staat is om God se teenwoordigheid in jou huidige geestelike toestand te ervaar. Sit jou vorige mislukkings en jou toekomstige bekommernisse opsy. As jy ‘n verloste kind van God is, woon sy Heilige Gees in jou. Jesus het gesê: ‘Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’ Dit het Jesus gesê oor die Gees wat die mense wat in Hom glo, sou ontvang…’ (Johannes 7:38-39 NLV). Die Heilige Gees vloei heeltyd binne-in jou, wel in jou op, les jou onbevredigde begeertes en loop oor om diegene rondom jou te verkwik. Sy bedoeling en begeerte is om heeltyd, op elke plek, deur jou te werk. Onthou dat God, Jesus en die Heilige Gees een is. Wanneer ons dus van God wat in jou lewe werk, Jesus wat in jou hart is, of jou liggaam wat die tempel van die Heilige Gees is praat, praat ons van dieselfde ding. John Ortberg vertel van ‘n vriend wat se vyfjarige dogter gesê het: ‘Ek weet Jesus woon in my hart, want wanneer ek my hand daarop sit, kan ek voel hoe Hy daar rondloop.’ Sommige mense lyk asof hulle ‘n innerlike radar het om God se teenwoordigheid op te spoor. Net soos sekere musikante perfekte gehoor het, so het hulle ‘n oor om God se stem te onderskei. Net soos God se teenwoordigheid in jou woon, kan jy bewustelik elke oomblik in God se teenwoordigheid leef.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min