Woord vir Vandag - 18 Feb 2026

Loading player...
“Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.” Hebreërs 13:16 NLV
Deel wat jy het
Hudson Taylor, die stigter van die China Inland Mission, het hom vir sy sendingdiens voorberei deur onder die armes in Londen te werk. Eendag het ‘n man hom gevra om vir sy siek vrou te kom bid. Die man het reeds ‘n priester gevra om vir haar te bid, maar is meegedeel dat hy die priester agtien pennies sou moes betaal, wat hy nie gehad het nie. Taylor het saam met hom gegaan, maar sy gewete het hom gepla. Hy het self honger gely, maar hy het een muntstuk in sy sak gehad – ‘n halfkroon. Hy het gedink: ‘As ek net twee sjielings en ses pennies in plaas van hierdie halfkroon gehad het, sou ek hierdie arme mense ‘n sjieling kon gee.’ Met sy aankoms by die man se huis was hy oorweldig toe hy die ingevalle wange van honger kinders en die uitgeputte moeder wat met ‘n klein baba langs haar lê, sien. Taylor het met hulle gepraat en hulle probeer vertroos en bemoedig, maar innerlik het hy homself gekasty: ‘Jou skynheilige! Jy vertel hierdie mense van ‘n goedhartige en liefdevolle hemelse vader, maar jy is nie bereid om Hom vir genoeg te vertrou nie.’ Hy gee toe sy halfkroon vir die man. Taylor het vertel hoe die vreugde van die Here op daardie oomblik in sy hart teruggekeer het. Die Bybel sê: ‘Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.’ Wat maak die Here se hart bly? Jou bereidwilligheid om dit wat God jou genadiglik gegee het, met diegene in nood te deel. Die gesegde is waar: Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min