Woord vir Vandag - 17 Feb 2026

Loading player...
“Innerlike kalmte bevorder die gesondheid. Jaloesie vreet ‘n mens op.” Spreuke 14:30 NLV
Weerstaan jaloesie
Sommige mense is te onseker van hulself om die sukses of prestasies van iemand anders te vier, of dit nou ‘n kollega, verre familielid, broer of suster, eggenoot of selfs ‘n kind is. Hulle voel dat hulle vergelykbare sukses moet behaal sodat hulle nie minderwaardig sal voel nie. As hulle wel ‘n soortgelyke persoonlike prestasie behaal het, is hulle vinnig om dit te noem. Die waarheid is dat iemand altyd meer sukses en iemand altyd minder sukses as jy sal behaal. Dit verg daaglikse, pligsgetroue inspanning om ontevredenheid te beveg en om die vlak van sukses wat God jou mee geseën het, te geniet. Advertensies, reklameborde en selfs welmenende familie en vriende stuur die boodskap uit: ‘Jy kort iets. Koop dit, koop dat!’ Salomo het gesê: ‘Dit is baie beter om min te hê en ook respek vir die Here, as om groot rykdom te besit met die onrus daarmee saam’ (Spreuke 15:16 NLV). Hebreërs 13:5 (NLV) sê: ‘Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.’’ Indien jy die behoefte voel om mee te ding wanneer iemand anders gekomplimenteer word, moet jy onmiddellik die gees van onsekerheid wat jou probeer verstrik, herken en verwerp. Begin om hierdie soort gedrag te verwerp deur op die teenoorgestelde manier te reageer. Oefen om jou onsekerheid te laat vaar en iemand anders se prestasies te geniet. Laat jou geloof jou gedrag bepaal. Wanneer jy die Gees gehoorsaam en Hom toelaat om jou optrede te bepaal, word die vlees swakker en word uiteindelik aan die Gees se beheer onderwerp.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min