Woord vir Vandag - 16 Feb 2026

Loading player...
“Hy genees die gebroke hart, en verbind die wonde.” Psalm 147:3 NLV
Genesing wanneer jy seergekry het
Daar is tye wat ons almal verwerping, verraad en teleurstelling ervaar. As ons egter aan hierdie ervarings vashou, kan ons in ‘n toestand van voortdurende seer leef. Wanneer ons weier om te vergewe en aan te beweeg, plaas ons ‘n wapen in Satan se hande wat hy by elke geleentheid teen ons sal gebruik. Dit is nie wat met ons gebeur het nie, maar hoe ons daarop reageer wat saak maak. As ons toelaat dat die seer beheer oor ons gedagtes kry, kan dit ons emosionele welstand ondermyn. Jesus wil nie hê dat ons met wonde deur die lewe moet gaan nie; Hy wil ons genees. Dit is hoekom Hy ons die kosbare beloftes in sy Woord gegee het. Ongeag hoe erg ons seergekry het, God het altyd ons volledige herstel in gedagte. ‘Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees, sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). As jy al jare lank met onopgeloste seer worstel, voorsien God vir jou ‘n uitweg. ‘Hy genees die gebroke hart, en verbind die wonde.’ Toe Jesus op aarde was, het Hy voortdurend mense se pyn genees en hulle in hulle hartseer vertroos. Toe Hy die aarde verlaat het, het Hy ons egter nie hoog en droog agtergelaat nie. Hy het die ewige bron van vertroosting gestuur om binne-in elkeen van ons te woon - die Heilige Gees, wat ons trooster, helper en vriend is (sien Johannes 14:16). Die seer wat jy ervaar het is werklik, maar God wil nie hê dat dit jou grootste werklikheid moet wees nie. Sy Gees is altyd by jou en sal jou nooit verlaat nie (sien Hebreërs 13:5). Jy kan in elke pynlike omstandigheid by Hom krag kry en genesing vind wanneer jy seergekry het.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min