Woord vir Vandag - 16 Feb 2026

Loading player...
“Hy genees die gebroke hart, en verbind die wonde.” Psalm 147:3 NLV
Genesing wanneer jy seergekry het
Daar is tye wat ons almal verwerping, verraad en teleurstelling ervaar. As ons egter aan hierdie ervarings vashou, kan ons in ‘n toestand van voortdurende seer leef. Wanneer ons weier om te vergewe en aan te beweeg, plaas ons ‘n wapen in Satan se hande wat hy by elke geleentheid teen ons sal gebruik. Dit is nie wat met ons gebeur het nie, maar hoe ons daarop reageer wat saak maak. As ons toelaat dat die seer beheer oor ons gedagtes kry, kan dit ons emosionele welstand ondermyn. Jesus wil nie hê dat ons met wonde deur die lewe moet gaan nie; Hy wil ons genees. Dit is hoekom Hy ons die kosbare beloftes in sy Woord gegee het. Ongeag hoe erg ons seergekry het, God het altyd ons volledige herstel in gedagte. ‘Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees, sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). As jy al jare lank met onopgeloste seer worstel, voorsien God vir jou ‘n uitweg. ‘Hy genees die gebroke hart, en verbind die wonde.’ Toe Jesus op aarde was, het Hy voortdurend mense se pyn genees en hulle in hulle hartseer vertroos. Toe Hy die aarde verlaat het, het Hy ons egter nie hoog en droog agtergelaat nie. Hy het die ewige bron van vertroosting gestuur om binne-in elkeen van ons te woon - die Heilige Gees, wat ons trooster, helper en vriend is (sien Johannes 14:16). Die seer wat jy ervaar het is werklik, maar God wil nie hê dat dit jou grootste werklikheid moet wees nie. Sy Gees is altyd by jou en sal jou nooit verlaat nie (sien Hebreërs 13:5). Jy kan in elke pynlike omstandigheid by Hom krag kry en genesing vind wanneer jy seergekry het.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 28 Feb 2026

“The rich rule over the poor, and the borrower is slave to the lender.” Proverbs 22:7 NIV Be the master of your debt Good credit establishes your future buying power. But when you misuse debt, you experience anxiety each month as you pull the envelope from the mailbox with the…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV Wees die meester van jou skuld Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy…
22 Jan 2 min

Word for Today - 27 Feb 2026

“Whoever trusts in the Lord shall be safe.” Proverbs 29:25 NKJV Trust in the Lord rather than people Sometimes we make the mistake of placing our trust in people when we should be placing our trust in the Lord. And since God cannot fail and people can, we end up…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV Vertrou op die Here, eerder as op mense Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie,…
22 Jan 2 min

Word for Today - 26 Feb 2026

“Present your bodies a living sacrifice…to God.” Romans 12:1 NKJV Sacrificial living With the national coffers depleted from a series of costly wars, King Frederick William III of Prussia found his nation seriously short of funds as it attempted to rebuild. He refused to capitulate to his enemies and couldn’t…
22 Jan 1 min