Woord vir Vandag - 15 Feb 2026
Loading player...
“As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom!..” Jesaja 64:1 NLV
Bid vir ‘n goddelike besoek
Jesus het die volgende vir die dissipels gesê net voordat Hy hierdie aarde verlaat het om terug te keer hemel toe: ‘En kyk, Ek sal die belofte van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is’ (Lukas 24:49 NLV). As verloste kind van God woon die Heilige Gees in jou (sien Romeine 8:9). Hierdie belofte dui egter daarop dat jy ook die Heilige Gees wat jou rus en jou krag gee, op jou kan hê. Hoe het die dissipels op hierdie belofte gereageer? ‘Hulle het almal saam aanhou bid…’ (Handelinge 1:14 NLV). Larry Sparks sê: ‘Vir te lank duld die Westerse kerk al ‘n gebedskultuur wat deur ’n gebrek aan resultate gedefinieer word.’ Dan gee hy ons hierdie strategie om ‘n goddelike besoek te ontvang: “Hersien God se beloftes wat handel oor die uitstorting van die Heilige Gees. Word daardeur beheers. Talm in toegewyde, volgehoue, volhardende gebed totdat herlewingsbeloftes herlewingswerklikhede word. Dis presies wat die dissipels gedoen het.’ Ons maak die fout om aan te neem dat die Heilige Gees slegs op vaste datums op die hemel se kalender uitgestort gaan word. Een van die grootste beloftes wat God aan ons gemaak het, is die volgende: ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op elke mens…’ (Handelinge 2:17 NLV). Solank as wat ‘elke mens’ nog nie hierdie uitstorting van die Gees beleef het nie, moet ons aanhou bid: ‘As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom!..’ Jy vra: ‘Wat kan ek doen?’ Doen wat die dissipels gedoen het: ‘Hulle het almal saam aanhou bid…’ Begin om elke dag vir ‘n goddelike besoek van God se Gees te bid.