Woord vir Vandag - 15 Feb 2026

Loading player...
“As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom!..” Jesaja 64:1 NLV
Bid vir ‘n goddelike besoek
Jesus het die volgende vir die dissipels gesê net voordat Hy hierdie aarde verlaat het om terug te keer hemel toe: ‘En kyk, Ek sal die belofte van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is’ (Lukas 24:49 NLV). As verloste kind van God woon die Heilige Gees in jou (sien Romeine 8:9). Hierdie belofte dui egter daarop dat jy ook die Heilige Gees wat jou rus en jou krag gee, op jou kan hê. Hoe het die dissipels op hierdie belofte gereageer? ‘Hulle het almal saam aanhou bid…’ (Handelinge 1:14 NLV). Larry Sparks sê: ‘Vir te lank duld die Westerse kerk al ‘n gebedskultuur wat deur ’n gebrek aan resultate gedefinieer word.’ Dan gee hy ons hierdie strategie om ‘n goddelike besoek te ontvang: “Hersien God se beloftes wat handel oor die uitstorting van die Heilige Gees. Word daardeur beheers. Talm in toegewyde, volgehoue, volhardende gebed totdat herlewingsbeloftes herlewingswerklikhede word. Dis presies wat die dissipels gedoen het.’ Ons maak die fout om aan te neem dat die Heilige Gees slegs op vaste datums op die hemel se kalender uitgestort gaan word. Een van die grootste beloftes wat God aan ons gemaak het, is die volgende: ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op elke mens…’ (Handelinge 2:17 NLV). Solank as wat ‘elke mens’ nog nie hierdie uitstorting van die Gees beleef het nie, moet ons aanhou bid: ‘As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom!..’ Jy vra: ‘Wat kan ek doen?’ Doen wat die dissipels gedoen het: ‘Hulle het almal saam aanhou bid…’ Begin om elke dag vir ‘n goddelike besoek van God se Gees te bid.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min