Woord vir Vandag - 13 Feb 2026

Loading player...
“Staan sterk en doen haarfyn alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses.” Josua 23:6 NLV
Lewe volgens die beginsels van God se Woord
Toe die Israeliete die Beloofde Land binne gegaan het, het God vir Josua gesê: ‘Staan sterk en doen haarfyn alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses.’ Jy moet jou kernwaardes identifiseer en daarvolgens leef. Die Switserse filosoof Henri-Frederic Amiel het gesê: ‘Die man wat geen innerlike lewe het nie, is ‘n slaaf van sy omgewing.’ Jou kernwaardes is die beginsels waarvolgens jy leef. Dit is die lig wat jou lei. Dit gee stabiliteit en struktuur aan jou innerlike wêreld. Wanneer jou kernwaardes in orde is, kan jy jou pad deur amper enigiets vind. Het jy al ooit gewonder hoekom God na sy Woord as ‘n ‘wetboek’ verwys? Omdat dit jou gedagtes en dade beheer, jou in die regte rigting lei en jou teen moeilikheid beskerm. Kernwaardes orden jou lewe; daarsonder word jy met chaos en verwarring gekonfronteer. God het sy wette vir ons beswil ingestel. Wanneer ons hulle nie gehoorsaam nie, ly ons; wanneer ons hulle eerbiedig, slaag ons. Jy kan nie kies watter wette jy wil gehoorsaam en van die res vergeet nie. God sê: ‘…Voer al die opdragte uit… Jy sal dan suksesvol wees in alles wat jy doen’ (Josua 1:7 NLV). Baie talentvolle mense wat die kollig haal, bly nie lank daar nie. Hoekom? Omdat hulle nie daarin slaag om ‘n sterk karakter te ontwikkel nie. Hul gebrek aan integriteit pootjie hulle, omdat hulle nie verder as die beperkings van hul karakter kan klim nie. Talent mag jou na ‘n hoër vlak van sukses neem, maar sonder karakter sal jy nie die druk wat met sukses gepaardgaan, kan hanteer nie. Daarom is dit so belangrik om volgens die beginsels van God se Woord te leef.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min