Woord vir Vandag - 11 Feb 2026

Loading player...
“Josua het daarna ’n altaar op die Ebalberg vir die Here, die God van Israel, gebou.” Josua 8:30 NLV
Seëninge en straf; die keuse is joune
Die Bybel sê: ‘Josua het daarna ‘n altaar op die Ebalberg vir die Here, die God van Israel, gebou… soos… voorgeskryf…‘Maak vir my ‘n altaar met klip wat nie met ‘n ysterinstrument bewerk is nie.’ Hulle het op die altaar brandoffers vir die Here gebring… Al die Israeliete… is in twee groepe verdeel… Een deel het by die Gerisimberg gestaan en die ander deel by die Ebalberg… Josua het toe vir hulle alles wat die wet sê oor seën en straf voorgelees, soos in die boek van die wet geskryf staan’ (Josua 8:30-34 NLV). Daar is twee belangrike lesse uit hierdie gebeurtenis te leer. Eerstens, ‘…‘n altaar met klip wat nie met ‘n ysterinstrument bewerk is nie…’ spreek van God se onverdiende genade teenoor ons – daar is geen menslike pogings betrokke nie. ‘Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie as gevolg van julle dade nie…’ (Efesiërs 2:8-9 NLV). Tweedens, let op waar hierdie altaar gebou is. Die helfte van Israel het by Gerisimberg en die ander helfte by Ebalberg gestaan. Diegene by Gerisimberg het hom die seëninge hoor lees en diegene by Ebalberg het hom die strawwe hoor lees. Die altaar is egter nie op Gerisim, die berg van seëninge, gebou nie, maar op Ebal, die heuwel van straf. Die boodskap is duidelik: selfs wanneer jy foute maak, is God genadig teenoor jou. C. S. Lewis het gesê: ‘Gehoorsaamheid is die sleutel wat elke deur oopmaak.’ Selfs wanneer jy dus misluk en aan God ongehoorsaam is, kan jy terugkeer na die altaar van genade by Ebalberg. Dit is gebou vir mense soos jy.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min