Woord vir Vandag - 10 Feb 2026

Loading player...
“Hierdie geringe mens het geroep, en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered.” Psalm 34:7 NLV
‘Rescue Me’
Dit was vyf-en-twintig jaar sedert Fontella Bass se enkelsnit, ‘Rescue Me,’ nommer een op die trefferlyste gehaal het. Sy het geen loopbaan meer gehad nie, sy was bankrot, moeg en koud. Die enigste hitte in haar huis het van die gasstoof in die kombuis gekom. Sy het van haar geloof en die kerk waar sy as kind gospelliedjies begin sing het, afgedwaal. Terwyl sy gebid het, het Fontella God gevra vir ‘n teken om te bevestig dat Hy haar gebede gehoor het. Skielik het sy haar trefferliedjie ‘Rescue Me’ op ‘n televisie-advertensie gehoor! Vir haar was dit asof ‘die Here reguit in my wêreld ingestap het!’ Fontella was onbewus daarvan dat American Express haar liedjie in ‘n advertensie begin gebruik het en haar nie kon opspoor om tantième aan haar oor te betaal nie. Nie net het sy uiteindelik die tantième ontvang nie, maar nuwe geleenthede om te sing het ook vir haar begin oopgaan. Kort daarna het sy ‘n nuwe album vrygestel. Die beste nuus was egter dat sy haar verhouding met die Here hernu het. ‘Vir soveel jare het ek probeer om alles op my eie te doen, maar dit het nie gewerk nie,’ het sy gesê. ‘Toe het ek dit uit my hande geneem en aan Hom oorhandig, en nou gebeur alles vanself.’ Die Psalmdigter Dawid het geskryf: ‘Hierdie geringe mens het geroep, en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered… Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!’ (Psalm 34:7,9 NLV). Wat God vir Dawid en Fontella Bass gedoen het, sal Hy ook vir jou doen wanneer jy na Hom toe draai.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min