Woord vir Vandag - 9 Feb 2026

Loading player...
“Daar wag teëspoed vir iemand wat sy pa verwyt omdat hy hom gemaak het…” Jesaja 45:10 DB
Aanvaar en waardeer jou fisiese voorkoms
Jesaja het gesê dat God ‘…my as sy dienaar in my ma se skoot gemaak het…’ (Jesaja 49:5 NLV). God het elkeen van ons doelbewus vir sy diens gevorm. Hoe kan ons dan kla dat ons te kort, te lank, te donker, te blond, of enigiets anders wat ons nie kan verander nie, is? Die woord ‘te’ impliseer dat iets meer is as wat dit behoort te wees. Hoe kan enigiets wat God gevorm het te veel wees? Wat ons eintlik sê, is die volgende: ‘Hierdie eienskap voldoen nie aan die samelewing se voorgeskrewe standaard van skoonheid nie.’ Daarom laat ons toe dat ons unieke eienskappe ons onseker laat word en ons van ons selfvertroue beroof. Ons voel dan dat ons enigste oplossing is om die ongewenste eienskap te verander. Wat ‘n klap in God se gesig. ‘Daar wag probleme vir iemand wat staan en stry met die een wat hom gemaak het. Hy is soos ‘n kleipot wat van klei gemaak is. Die klei kan mos nie vir die pottebakker sê nie: ‘Wat is jy besig om te doen? Weet jy dan nie wat om met jou hande te maak nie?’ …Die Here... sê vir hulle: Wil julle My nou voor stok kry oor my kinders? Wil julle vir My kom beduie wat Ek moet doen?’ (Jesaja 45:9-11 DB). Jy sal jou emosionele sekuriteit versterk wanneer jy met elke aspek van jouself vrede maak. Selfbewustheid en bekommernis oor jou uiterlike voorkoms sal dan verdwyn. Jy baan die pad vir jou ware innerlike skoonheid om deur te skyn. Dis tyd om liggaamlike vrede te ervaar, wetend dat jy vir jou lewensdoel ontwerp is, volgens maat vir jou opdrag gemaak is en perfek vir jou doel is.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min