Woord vir Vandag - 7 Feb 2026

Loading player...
“God het na sy handewerk gekyk en dit was goed in elke opsig…” Genesis 1:31 NLV
Wees optimisties (1)
Helen Keller het voor die ouderdom van twee haar sig en gehoor verloor. In ‘n oomblik het haar wêreld donker en stil geword. Later het ‘n onderwyseres genaamd Anne Sullivan egter deur Helen se eensame opsluiting gebreek en haar siel aangeraak. Helen het gevolglik die eerste dowe/blinde persoon geword wat ‘n baccalaureusgraad verwerf het. Sy het ook ‘n dosyn boeke geskryf, insluitend ‘n manifes oor haar lewensfilosofie, getiteld ‘Optimism’. ‘Geen pessimis het al ooit die sterre se geheime ontdek,’ het sy geskryf, ‘of na ‘n onbekende land geseil nie.’ Die laaste bladsy van haar boek weerspieël die eerste bladsy van die Skrif: ‘Optimisme is die mens se gees en die gees van God wat in harmonie sy werke in elke opsig goed verklaar.’ As God se Gees binne-in jou is, is optimisme aan die orde van die dag. Optimisme is nie in stryd met die werklikheid rondom ons nie. Dit beteken eenvoudig dat ons in ‘n ander werklikheid geanker is - die kruisiging en opstanding van Jesus Christus - wat dieper en sterker en langer as die werklikheid wat ons met ons vyf sintuie kan waarneem, is. Helen Keller het bewys dat selfs die moeilikste omstandighede jou nie kan definieer wanneer jy ‘n optimistiese gees het nie. Selfs al kan jy nie jou omstandighede verander nie, kan jy dit oorkom. Dit is hoekom sy gesê het: ‘Die enigste ding wat erger is as om blind te wees, is om sig te hê, maar geen visie nie.’ Of soos Paulus dit gestel het: ‘Ten slotte, liewe broers en susters, beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is’ (Filippense 4:8 NLV). Met ander woorde, wees optimisties.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min