Woord vir Vandag - 5 Feb 2026

Loading player...
Donderdag 5 Februarie
“…sonder om julle met iemand anders te vergelyk.” Galasiërs 6:4 NLV
Moenie jouself met ander vergelyk nie
Paulus het geskryf: ‘Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen’ (verse 4-5 NLV). Jesus het hierop aangedring. Na sy opstanding het Jesus aan sommige van sy volgelinge verskyn. Hy het Petrus ‘n spesifieke opdrag gegee wat groot opoffering ingesluit het. Petrus het gereageer deur na Johannes te wys en te vra: ‘...’Wat van hom, Here?’ Jesus reageer daarop: ‘As Ek wil hê dat hy moet bly leef totdat Ek terugkeer, wat het dit met jou te doen? Volg jy net vir My!’’ (Johannes 21:21-22 NLV). Met ander woorde, bly op jou eie opdrag gefokus. ‘n Seuntjie met die naam Adam wou soos sy vriend Bobby wees. Adam was mal oor hoe Bobby geloop en gepraat het. Bobby wou egter soos Charlie wees. Iets omtrent Charlie se tred en aksent het hom gefassineer. Charlie, aan die ander kant, was beïndruk met Danny. Charlie wou soos hy lyk en klink. Danny het egter ook ‘n held gehad: Adam. Hy wou net soos Adam wees. So, Adam het Bobby nageboots, wat Charlie nageboots het, wat Danny nageboots het, wat Adam nageboots het. Dit blyk dat al wat Adam moes doen, was om homself te wees! Jy kan by ander mense leer, maar jy kan slegs vreugde en vervulling in wie God jou geskape het om te wees, vind. Bly dus in jou eie baan. Hardloop jou eie wedloop. God sal jou nie volgens die talente van ander evalueer en beloon nie, maar volgens hoe getrou jy met die gawes wat Hy jou gegee het, was. Jy is nie verantwoordelik vir die aard van jou gawes nie, maar vir hoe jy dit gebruik.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min