Woord vir Vandag - 4 Feb 2026

Loading player...
Woensdag 4 Februarie
“Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies...” Spreuke 22:6 NLV
Jy moet vertroue in jouself as ouer hê
Wanneer jy as leier optree, of dit nou tuis, by die kerk of by die werk is, sal jy soms moeilike en ongewilde besluite vir die beswil van almal betrokke, moet neem. Dit is veral vir ouers die geval. Diegene wat in vrees vir ‘n kind se verwerping of verlies van ‘n kind se liefde leef, sukkel dikwels om grense te stel en dissipline toe te pas. Dit is ‘n selfsugtige optrede, want jy stel jou eie behoefte om geliefd en aanvaar te word, bo jou kind se langtermynbehoefte aan struktuur en selfdissipline. Hoe ver dink jy sal jou kind daarsonder in die lewe kom? Ongelukkig is baie ouers te onseker om hul kinders te dissiplineer, omdat hulle hul vriendskap wil behou. Indien ouers eerlik is, sal hulle erken dat hulle gereeld ja sê wanneer hulle eintlik nee moet sê, om sodoende te vergoed vir die gebrek aan tyd wat hulle saam met hul kinders bestee. Ons weet dat ‘n belegging van kwaliteitstyd op die lange duur ‘n beter opbrengs as enigiets anders wat ‘n ouer kan doen, sal lewer. Interessant genoeg sal kinders dikwels oneerbiedig of selfs wrokkig teenoor ‘n onseker ouer optree, omdat die kind nie emosioneel ontwikkel nie en swak toegerus is om die druk en verantwoordelikhede van volwassenheid te hanteer. Deur herhaaldelik aan jou kind toe te gee, stel jy hul volwassenheid uit. Soms is dit nodig om streng liefde toe te pas. Daarom sê die Bybel: ‘Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.’ Soek dus God se wysheid, leiding en krag, en Hy sal jou help om die soort ouer te word wat jou kind nodig het.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min