Woord vir Vandag - 3 Feb 2026

Loading player...
“…Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis.” Psalm 56:10 NLV
God is aan jou kant!
In sy topverkoperboek, The Tipping Point, definieer Malcolm Gladwell die kantelpunt as ‘die oomblik van kritieke massa, die drempel, die kookpunt.’ Dit is die oomblik wanneer ‘n idee, tendens of sosiale gedrag die punt van geen terugkeer verbysteek en aanvaarbaar word. Op die gebied van fisika is ‘n kantelpunt wanneer ‘n voorwerp van ‘n stabiele toestand van ewewig na ‘n nuwe toestand beweeg. In ekonomie is dit die punt waar opkomende tegnologie die bedryfstandaard word. In sosiologie is dit wanneer ‘n kworum mense ‘n gedrag aanneem, sodat dit kritieke massa bereik en wyd versprei word. Geestelik gesproke is die kantelpunt wanneer jy sonder enige voorbehoud glo dat God aan jou kant is. Dit is die openbaring dat God jou nie net liefhet nie, maar ook van jou hou. Hy het jou lief genoeg om vir jou te sterf en Hy hou genoeg van jou om die ewigheid saam met jou te wil deurbring. Tog bly sommige van ons skepties. Ons projekteer ons selfminagting op God en neem aan dat Hy net so kwaad is vir ons as wat ons vir onsself is. Of ons trap in die prestasie-gebaseerde strik om te dink dat ons gedrag God se houding teenoor ons bepaal - of dit nou vir of teen ons is. Verstaan die volgende: die feit dat God vir jou is, is aan Golgota se kruis bewys. Oswald Chambers het geskryf: ‘Geen mag op aarde of in die hel kan die gees van God wat in ‘n mens se gees woon, oorwin nie. Dit is ‘n innerlike onoorwinlikheid.’ Godsdiens gaan oor wat jy vir God kan doen; Christendom gaan oor wat Christus vir jou gedoen het. Dit begin egter met hierdie allerbelangrikste waarheid: ‘…Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis.’
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 28 Feb 2026

“The rich rule over the poor, and the borrower is slave to the lender.” Proverbs 22:7 NIV Be the master of your debt Good credit establishes your future buying power. But when you misuse debt, you experience anxiety each month as you pull the envelope from the mailbox with the…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV Wees die meester van jou skuld Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy…
22 Jan 2 min

Word for Today - 27 Feb 2026

“Whoever trusts in the Lord shall be safe.” Proverbs 29:25 NKJV Trust in the Lord rather than people Sometimes we make the mistake of placing our trust in people when we should be placing our trust in the Lord. And since God cannot fail and people can, we end up…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV Vertrou op die Here, eerder as op mense Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie,…
22 Jan 2 min

Word for Today - 26 Feb 2026

“Present your bodies a living sacrifice…to God.” Romans 12:1 NKJV Sacrificial living With the national coffers depleted from a series of costly wars, King Frederick William III of Prussia found his nation seriously short of funds as it attempted to rebuild. He refused to capitulate to his enemies and couldn’t…
22 Jan 1 min