Woord vir Vandag - 3 Feb 2026

Loading player...
“…Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis.” Psalm 56:10 NLV
God is aan jou kant!
In sy topverkoperboek, The Tipping Point, definieer Malcolm Gladwell die kantelpunt as ‘die oomblik van kritieke massa, die drempel, die kookpunt.’ Dit is die oomblik wanneer ‘n idee, tendens of sosiale gedrag die punt van geen terugkeer verbysteek en aanvaarbaar word. Op die gebied van fisika is ‘n kantelpunt wanneer ‘n voorwerp van ‘n stabiele toestand van ewewig na ‘n nuwe toestand beweeg. In ekonomie is dit die punt waar opkomende tegnologie die bedryfstandaard word. In sosiologie is dit wanneer ‘n kworum mense ‘n gedrag aanneem, sodat dit kritieke massa bereik en wyd versprei word. Geestelik gesproke is die kantelpunt wanneer jy sonder enige voorbehoud glo dat God aan jou kant is. Dit is die openbaring dat God jou nie net liefhet nie, maar ook van jou hou. Hy het jou lief genoeg om vir jou te sterf en Hy hou genoeg van jou om die ewigheid saam met jou te wil deurbring. Tog bly sommige van ons skepties. Ons projekteer ons selfminagting op God en neem aan dat Hy net so kwaad is vir ons as wat ons vir onsself is. Of ons trap in die prestasie-gebaseerde strik om te dink dat ons gedrag God se houding teenoor ons bepaal - of dit nou vir of teen ons is. Verstaan die volgende: die feit dat God vir jou is, is aan Golgota se kruis bewys. Oswald Chambers het geskryf: ‘Geen mag op aarde of in die hel kan die gees van God wat in ‘n mens se gees woon, oorwin nie. Dit is ‘n innerlike onoorwinlikheid.’ Godsdiens gaan oor wat jy vir God kan doen; Christendom gaan oor wat Christus vir jou gedoen het. Dit begin egter met hierdie allerbelangrikste waarheid: ‘…Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis.’
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min