Woord vir Vandag - 2 Feb 2026

Loading player...
“…Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.” Spreuke 10:12 NLV
Genees gebroke verhoudings
Liefdevolle verhoudings is ‘n hoeksteen van die lewe. Hulle is die fondasie van Christus se kerk en is ‘n bewys dat ons God se liefde in ons harte het. God plaas groot klem op hoe ons met ander omgaan, want ons verhoudings beïnvloed elke area van ons lewe: by die huis, by die werk, by die kerk, by die skool en tydens ons daaglikse interaksies. ‘n Verhouding gebou op liefde, sensitiwiteit en respek kan ‘n ongeredde man of vrou vir Christus wen. Petrus skryf: ‘En julle, vroue, julle moet julle eie mans se gesag oor julle aanvaar, selfs as hulle nie die Goeie Nuus glo nie. Sonder dat julle ‘n woord hoef te sê, sal julle leefstyl hulle vir Christus wen. Hulle sal immers sien hoe eerbiedig en onberispelik julle lewe’ (1 Petrus 3:1-2 NLV). Dit is hoekom Satan ons verhoudings so gereeld aanval. Wanneer verhoudings verbrokkel, beïnvloed dit ons lewenskwaliteit. Mediese wetenskap het bewys dat onopgeloste bitterheid en onvergewensgesindheid bronne van siekte en depressie is. Net soos God jou fisies wil genees, wil Hy hê dat jy ook sy genesende aanraking in jou verhoudings moet ervaar. Jy het egter ook ‘n rol om te speel. ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (Efesiërs 4:31-32 NLV). Terwyl jy oor jou problematiese verhouding bid, maak die volgende belydenis: ‘Aangesien God my al my sondes vergewe het, sal ek teenoor niemand anders onvergewensgesind wees nie. Ek laat alle bitterheid en woede gaan. Here, ek bid u vrede oor die misverstand en seer area in hierdie verhouding. Amen.’
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min