Woord vir Vandag - 1 Feb 2026

Loading player...
“Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.” Psalm 90:12 NLKV
Hou jou prioriteite reg
Toe hy die veldtogbestuurder vir president George Bush en voorsitter van die Republikeinse Nasionale Komitee geword het, het Lee Atwater die twee dinge gedoen wat hy teen die ouderdom van veertig wou bereik. Hy is egter toe met ‘n kwaadaardige breingewas gediagnoseer. Kort voor sy dood het hy hierdie ontnugterende woorde geskryf: ‘Ek het meer rykdom, mag en aansien as die meeste ander mense verkry. ‘n Mens kan egter alles kry wat jy wil hê en steeds leeg voel. Wat sou ek nie alles verruil het vir ‘n bietjie meer tyd saam met my familie nie? Watter prys sou ek nie betaal vir nog ‘n aand saam met vriende nie? Dit het ‘n dodelike siekte geverg voordat ek hierdie les geleer het. Ek lê hier in my slaapkamer, my gesig geswel van steroïede, my liggaam nutteloos. Die dokters wil steeds nie my kwellende vraag beantwoord nie: hoe lank het ek oor? Sommige nagte kan ek nie aan die slaap raak nie, so bang is ek dat ek nooit weer sal wakker word nie. Ek het ‘n lang pad gekom sedert die dag toe ek vir president Bush gesê het dat sy ‘vriendeliker, sagter’-aanslag ‘n mooi idee is, maar dat dit ons geen stemme sou wen nie. Ek het altyd vir die president gesê dat hy maar vriendeliker en sagter kan wees, maar ek sou nie so wees nie. Hoe verkeerd was ek nie. Daar is niks belangriker in die lewe as verhoudings nie en niks soeter as menslike aanraking nie.’ As jy wys is, sal jou prioriteite in die lewe God eerste, jou familie tweede en jou loopbaan derde wees. ‘Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.’
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min