Regering krap kop oor grondvergrype

Loading player...
Die ministerie van landbou en grondhervorming het kommer uitgespreek oor 'n skerp toename in grondgrypery, onwettige heinings en onwettige grondtoekennings, en waarsku dat gemeenskaplike grond regoor die land onder toenemende bedreiging verkeer. Terwyl die parlement die nuwe Grondwetsontwerp debatteer wat daarop gemik is om strenger strafmaatreëls in te stel, doen die ministerie 'n beroep op alle Namibiërs om die oppergesag van die reg te respekteer en die regering se pogings te ondersteun om gemeenskaplike grond te beskerm en te bewaar. Ministeriewoordvoerder Simon Nghipandulwa het meer:
18 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rugby: Skuif reg vir die 2026-seisoen!

Die Namibiese Rugby-unie het vandeesweek die plaaslike rugbyliga-seisoen vir 2026 bekendgestel. Dit sluit in die landswye premierliga, reserweliga, vroueliga en die eerste divisieliga. Die NRU se uitvoerende hoof John Heynes gee meer inligting.
11 Apr 6AM 1 min

SA wet op hokaairoepers verwelkom

Corruption Watch verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat ten doel het om die beskerming van verklikkers te versterk. Die organisasie sê die wetsontwerp, gelei deur aanbevelings van die Zondo-kommissie oor staatskaping, is daarop gemik om gapings in bestaande wetgewing te vernou en beskerming verder as tradisionele indiensneming uit te…
11 Apr 5AM 1 min

Gelyke indiensneming draai in Konstitusionele Hof

Sakeliga en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het hul saak teen gelyke indiensnemingskwotas na die Konstitusionele Hof geneem in 'n finale poging om dringende verligting te kry. Die sakegroepe probeer om 'n laerhof beslissing om te keer wat geweier het om die nuwe regulasies op te skort. Die nuwe regulasies…
11 Apr 4AM 1 min

Sokker: Nanso bied korporatiewe toernooi aan

Nanso bied as deel van sy #FixMySchool-veldtog dié naweerk 'n korporatiewe 7-aan-'n-kant sokkertoernooi vir onderwys aan. Nanso-woordvoerder Jessy Abraham gee meer inligting oor die doel en belangrikheid van die veldtog.
11 Apr 3AM 1 min

Dis 'Rooi Saterdag', gaan bloei!

Die Bloedoortappingsdiens hou 'n "Rooi Saterdag" om beide nuwe en gereelde bloedskenkers aan te moedig om bloed te skenk en te help om 200 tot 250 sakkies of meer te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino sê die doel is om bloedtekorte te verminder en voldoende bloedreserwes vir die land te verseker…
11 Apr 2AM 1 min