
DA sê Franse lening aan Transnet is goeie ding
Loading player...
Die DA verwelkom die aankondiging van 'n nuwe leningsooreenkoms ter waarde van 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand tussen die Franse Ontwikkelingsagentskap en Transnet om die koolstofuitstralings van die spoor- en hawewerksaamhede te verminder. Andrew de Blocq van die party sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste buitelandse belegger. Hy sê hierdie fondse sal gebruik word om oor te skakel na 'n lae-koolstof-bedryfsmodel en om operasionele doeltreffendheid vir die vragbedryf te verseker, wat op sy beurt die koolstofvoetspoor kleiner sal maak:

