Steun vir rampbestuurspanne broodnodig in SA, sê nasionale sentrum

Loading player...
Die Nasionale Rampbestuursentrum het al drie regeringsvlakke versoek om hul steun vir rampbestuurspanne te verskerp en gebeurlikheidsmaatreëls te versterk. Dit volg nadat die ongunstige weerstoestande in sommige provinsies as 'n nasionale ramp geklassifiseer is, weens stortreën, storms en skadelike wind in die Wes-Kaap, Noordwes, Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Mpumalanga. Thabo Khupari van Nasionale Rampbestuur sê hierdie klassifikasie plaas nou die primêre verantwoordelikheid op die regering:
11 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motor bots met olifantkalf buite Uis

Inligting is nog skraps na ‘n ongeluk waar ‘n voertuig ‘n olifantkalf getref het ongeveer 4 kilometer buite Uis. Die trop diere is volgens oproerig en die kalf het beserings opgedoen. Die omgewingsministerie se woordvoerder Vilho Hangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
11 May 4AM 1 min

DA sê Franse lening aan Transnet is goeie ding

Die DA verwelkom die aankondiging van 'n nuwe leningsooreenkoms ter waarde van 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand tussen die Franse Ontwikkelingsagentskap en Transnet om die koolstofuitstralings van die spoor- en hawewerksaamhede te verminder. Andrew de Blocq van die party sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste buitelandse belegger. Hy sê hierdie fondse sal…
11 May 3AM 1 min

Starmer skop vas te midde van oproepe dat hy bedank

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die jongste verkiesingsuitslae het nie sy vasberadenheid geraak om sy beloftes aan die Britse publiek na te kom nie, maar versterk dit eerder. 'n Aantal lede van die Arbeidersparty in die parlement eis sy bedanking ná 'n reeks rampspoedige uitslae in plaaslike verkiesings…
11 May 3AM 1 min

'ANC het geen respek vir Grondwet nie'

Die Activists and Citizens Forum sê die ANC-lede in die Parlement het die waardes, beginsels en missie van die party versaak. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal is weereens 'n bewys dat die ANC geen respek het vir die Grondwet van…
11 May 3AM 1 min

Trump verwerp Iran se voorstel

President Donald Trump van Amerika het Iran se reaksie op die onlangse vredesvoorstel verwerp en as “totaal onaanvaarbaar” beskryf. Teheran het sy reaksie gister voorgelê en volgens berigte sluit dit in dat die oorlog onmiddellik beëindig word en ʼn Amerikaanse see-blokkade verwyder word. Amerika se voorstel sluit in dat Iran…
11 May 3AM 1 min