Eskom waarsku oor klein sonkragstelsels se registrasie

Loading player...
Eskom sê hy werk daaraan om dit maklik en bekostigbaar te maak vir inwoners en sakeondernemings met sonkrag- of ander kleinskaalse ingebedde opwekkingstelsels om die registrasievereistes na te kom. Volgens Skedule 2 van die Wet op Elektrisiteitsregulering moet alle stelsels onder 100 kilovolt-ampère by Eskom of ʼn munisipaliteit geregistreer word. Eskom se waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo, sê alle registrasie- en verbindingsfooie onder 10 000 Suid-Afrikaanse rand sal tot 31 Maart kwytgeskeld word:
15 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Roep NV byeen om te begin werk vir land, sê Venaani

Die stygende jeugwerkloosheid bly ’n ernstige bedreiging vir die land se sosiale en ekonomiese toekoms. Die PDM sê die krisis vereis dringende politieke ingryping en doen ’n beroep dat jeugwerkloosheid, soos in Suid-Afrika, as ’n nasionale noodtoestand verklaar word. Daar word ook gevra vir die stigting van ’n spesiale komitee…
15 Jan 9AM 1 min

Nanso stel regering ultimatum oor Graad 11s

Nanso het ‘n onderwys taakmag van stapel gestuur. Die groep het kommer uitgespreek oor die herstrukturering van Nsfaf-drempels maar ook sy ontevredenheid oor die gewone vlak graad 11-leerders wat nie vir universiteitstoelating by Unam kwalifiseer nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham, die woordvoerder van Nanso, wat die…
15 Jan 9AM 1 min

BoN se bankfooie-verslag gee finansiële inlsuiting 'n hupstoot

Die Bank van Namibië het sy Desember 2025 verslag oor bankfooie en -koste vrygestel, 'n stap wat daarop gemik is om deursigtigheid te verbeter en verbruikers te help om beter te verstaan wat hulle vir finansiële dienste betaal. Die verslag kom namate regulatoriese hervormings en markwye fooi-aanpassings in werking tree,…
15 Jan 8AM 1 min

SA kyk na strenger strawwe vir dronkbestuur

Die vervoerministerie gaan begin met die wysiging van Artikel 65 van die Nasionale Padverkeerswet om strenger strawwe vir dronkbestuur in te stel. Minister Barbara Creecy het tydens die aanbieding van die padveiligheidsverslag gesê padsterftes bly 'n nasionale skande, ondanks 'n daling van vyf-persent in sterftes. Sy beklemtoon spoed en dronkbestuur…
15 Jan 8AM 1 min

Steenkamp het lof vir Dâures Unseco-poging

Die minister van kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het haar trots uitgespreek oor Namibië se besluit om die Dâures/Brandberg-gebied vir Unesco-wêrelderfenisstatus te nomineer. Formele voorlegging word vir Februarie beplan, met die doel om die gebied te erken vir sy unieke kombinasie van geologiese geskiedenis en uitsonderlike prehistoriese rotskuns. Steenkamp het…
15 Jan 5AM 1 min