
Agoa-verlenging: Namibië moet steeds nuwe markte soek
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het Agoa, of die Wet op Afrika-groei en -Geleenthede, tot Desember verleng. Namibië is een van die begunstigde Afrika-lande onder die wet, wat belastingvrye handelsvoorregte bied vir uitvoere na Amerika. Daar was al voorheen spanning oor Agoa omdat Trump gedreig het om dit op te hef. Arbeidskenner Tim Parkhouse het aan Kosmos 941.1 Nuus gesê Namibië moet proaktief werk aan die toekoms en ook ander markte ondersoek.

