
Boko doen beroep vir beter samewerking in Afrika
Loading player...
Botswana se president, Duma Boko, sê Afrika-lande moet hul samewerking versterk om bestand te wees teen internasionale, ekonomiese en geopolitieke uitdagings. Hy het op die Suid-Afrika-Botswana-bi-nasionale kommissie se beraad gefokus op die stygende lewenskoste, energie-onsekerheid en klimaatsverandering. Boko het Afrikalande aangemoedig om te belê in vernuwing en kennisontwikkeling om inklusiewe ekonomiese groei te bevorder. Hy sê die jong en groeiende bevolking plaas Afrika in 'n leiersposisie:

