
Mbeki waarsku teen xenofobie
Loading player...
Oudpresident Thabo Mbeki het die toenemende teen-migrante-sentiment in Suid-Afrika veroordeel. Dit is te midde van wydverspreide optogte teen ongedokumenteerde migrante. Suid-Afrika is die tuiste van na raming 3 miljoen migrante. Die regering hersien tans sy immigrasiebeleid om migrasiedruk beter te bestuur en grensbeheer te versterk. Mbeki het gister tydens 'n openbare bespreking oor migrasie en Afrika-integrasie gewaarsku om nie Afrika-migrante verantwoordelik te hou vir Suid-Afrika se ekonomiese en maatskaplike probleme nie:

