Namfisa maan verbruikers oor ongeregistreerde mikroleners

Loading player...
Namfisa waarsku die publiek om slegs geregistreerde mikroleners te gebruik wanneer hulle toegang tot korttermynkrediet en verwante finansiële dienste verkry. Namfisa sê dat die interaksie met ongeregistreerde leners verbruikers blootstel aan onwettige praktyke, buitensporige koste en die verlies van regsbeskerming. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het meer.
15 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenkamp het lof vir Dâures Unseco-poging

Die minister van kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het haar trots uitgespreek oor Namibië se besluit om die Dâures/Brandberg-gebied vir Unesco-wêrelderfenisstatus te nomineer. Formele voorlegging word vir Februarie beplan, met die doel om die gebied te erken vir sy unieke kombinasie van geologiese geskiedenis en uitsonderlike prehistoriese rotskuns. Steenkamp het…
15 Jan 5AM 1 min

DA sê Lamola moet Iran by VN aangee oor mensregte vergrype

Die DA doen 'n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om Iran by die Verenigde Nasies se Menseregteraad aan te gee oor die gewelddadige onderdrukking van burgerlike protesoptogte, wat na bewering reeds tot die dood van duisende mense gelei het. Die party sê die regering…
15 Jan 5AM 1 min

Maak nou boskos - kenner

Dele van Namibië is getooi in welige groen, danksy die goeie reënval wat ontvang word. Dit is 'n belangrike tyd vir boere om voor te berei deur die produksie van bosgebaseerde dierevoer te begin. Die gebruik van indringerbos vir dierevoer bied 'n volhoubare oplossing met beduidende voordele, veral in die…
15 Jan 4AM 1 min

GIFP-lenings verwyder kollateraal uitdagings

Reaksie word steeds ontvang van kenners op die Regeringsinstellings Pensioenfonds se Pensioengesteunde Huisleningskema wat Maandag in werking getree het. Die skema gee kwalifiserende staatsamptenare die geleentheid om van hulle pensioengeld as sekuriteit te gebruik vir finansiering van behuisingsverwante behoeftes. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat wat…
15 Jan 4AM 1 min

Onwettige sandmyne het minister warm onder die kraag

Die omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die voortgesette toename in onwettige sand- en gruisontginning aktiwiteite in verskeie dele van Namibië. Die bedrywighede gaan voort sonder die nodige klarings. In reaksie op die voortdurende uitdagings sal die ministerie binnekort streeksbelanghebber- betrokkenheid oor sand- en gruismynbouregulasies onderneem. Woordvoerder Vilho Hangula het…
15 Jan 4AM 1 min