Gauteng-onderwys blameer ouers vir vertraagde plasings by skole

Loading player...
Die Departement van Onderwys in Gauteng sê foute wat deur ouers gemaak word is 'n belangrike oorsaak van die voortdurende agterstand in skoolplasings wat ongeveer 3 000 graad 1- en graad 8-leerders raak. Steve Mabona van die departement het aan SABC News gesê laat aansoeke, die keuse van onbekostigbare skole, aansoeke buite residensiële distrikte en gereelde skoolverskuiwings dra by tot die probleem. Mabona sê verder die Departement werk nou saam met skole om kapasiteit te verhoog, met die doel om graad 1-plasings teen die einde van die week te finaliseer:
15 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boko doen beroep vir beter samewerking in Afrika

Botswana se president, Duma Boko, sê Afrika-lande moet hul samewerking versterk om bestand te wees teen internasionale, ekonomiese en geopolitieke uitdagings. Hy het op die Suid-Afrika-Botswana-bi-nasionale kommissie se beraad gefokus op die stygende lewenskoste, energie-onsekerheid en klimaatsverandering. Boko het Afrikalande aangemoedig om te belê in vernuwing en kennisontwikkeling om inklusiewe…
22 May 1AM 1 min

Mbeki waarsku teen xenofobie

Oudpresident Thabo Mbeki het die toenemende teen-migrante-sentiment in Suid-Afrika veroordeel. Dit is te midde van wydverspreide optogte teen ongedokumenteerde migrante. Suid-Afrika is die tuiste van na raming 3 miljoen migrante. Die regering hersien tans sy immigrasiebeleid om migrasiedruk beter te bestuur en grensbeheer te versterk. Mbeki het gister tydens 'n…
22 May 1AM 1 min

Dinge lyk bedroef vir komende reënseisoen

'n Super El Niño het beduidend begin ontwikkel en dreig om Namibië weer in 'n droë seisoen te dompel. Erge droogte kan in die volgende reënseisoen verwag word. AMT het dit so uiteengesit saam met weerkenner, Johan van den Berg. Sou die stelsel ten volle ontwikkel sal die reën teen…
22 May 1AM 1 min

Savanna Beef vorder goed

Savanna Beef Processors het in April vanjaar sy Europese Unie-uitvoersertifikaat ontvang en het sedertdien ontbeende, verkoelde of bevrore beesvleissnitte na verskeie Europe lande uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard gepraat oor wat hulle planne nou is.
22 May 12AM 1 min

Agoa-verlenging: Namibië moet steeds nuwe markte soek

Amerikaanse president Donald Trump het Agoa, of die Wet op Afrika-groei en -Geleenthede, tot Desember verleng. Namibië is een van die begunstigde Afrika-lande onder die wet, wat belastingvrye handelsvoorregte bied vir uitvoere na Amerika. Daar was al voorheen spanning oor Agoa omdat Trump gedreig het om dit op te hef…
22 May 12AM 1 min