Steenhuisen gryp in, wil BKS nasionale ramp laat verklaar

Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, gaan aan die kabinet die noodsaaklikheid voorlê om die bek-en-klouseer-uitbreking tot 'n nasionale ramp te verklaar. Hy het 'n omvattende 10-jaar nasionale strategie uiteengesit om die siekte te bestry, dieregesondheidstelsels te versterk en landelike voortbestaan te ondersteun.Hy het 'n massa-inentingsveldtog aangekondig en verwag binne twee weke 'n miljoen entstofdosisse, hangende regulatoriese goedkeuring vir die invoer van ongeregistreerde entstowwe. Steenhuisen het op 'n nuuskonferensie beklemtoon so 'n verklaring sal wetstoepassing mobiliseer om dierebeweging te beperk ten einde die verspreiding van die siekte te stop:
14 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min