2026 - 'n Christus-Jaar

Loading player...
Mag 2026 die jaar wees waarin jou geloof berge skuif, en jou toewyding aan God ’n honderdvoudige oes oplewer. Mag dit jou Christusjaar wees.
Theuns Blom is 'n ervare pastoor, leraar, berader en dissipelmaker met meer as vier dekades se bedieningservaring. Hy deel inligting rondom die in-diepte Bybelstudie wat hy in die nuwe jaar aanbied – ’n geleentheid waardeur jy jouself opnuut aan Christus kan toewy terwyl jy geestelik groei en in jou geloof versterk word.
Verder kyk ons na nog praktiese maniere waarop jy 2026 jou Christusjaar kan maak.
2 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Hou kop bo water

Christene word nie vrygespreek van probleme nie. Net soos elke ander mens op Aarde, bevind ons onsself soms in die lewe se storms. As kind van God hoef jy egter nie moedeloos te raak en op te gee nie. Madeleine deel vyf beloftes uit die Woord waaraan jy kan vashou,…
30 Apr 49 min

Verlos uit die mag van verslawing. Gebreek. Genees. Vrygemaak.

Wanneer dwelmverslawing lewens verwoes, is dit baie moeilik om lig aan die einde van die tonnel te sien. Selfs wanneer rehabilitasie plaasvind, is daar op die pad vorentoe soveel uitdagings, dat baie mense moed opgee en weer terugval in die greep van verslawing. Daar is egter hoop. Landi-Lee en Arie…
25 Apr 1 hr 16 min

Kolossense vir jou reis

Ons gaan voort met die Vir jou reis-reeks en in hierdie uitsending vra ons weereens hoe jy, as hedendaagse Christen, hierdie brief wat Paulus so lank gelede geskryf het op jou daaglikse lewe kan toepas. Laetitia Butler, van In Him Ministries Wesrand, help ons met daardie moeilike begrip van vergewe…
17 Apr 1 hr 03 min

Filippense vir jou reis

Die brief wat Paulus aan die gelowiges in Filippi geskryf het, staan ook bekend as die blydskapsbrief – nie noodwendig omdat daar baie oor blydskap geskryf word nie, maar omdat die brief oorloop van optimisme. Ons kyk na die redes vir Paulus se optimisme, wat dit beteken om ’n lewenswandel…
10 Apr 44 min

Paasfees

Ons vier die grootste gebeurtenis in die geskiedenis, nl. Jesus se kruisdood, en sy opstanding uit die dood. In dié uitsending, sien ons hoe dat alles rondom die Joodse fees, Pasga, op Jesus gedui het. Ons kyk ook wat die Nuwe Verbond – wat met Jesus se bloed beseël is…
3 Apr 1 hour