GIPF se indirekte NamBob-belegging kry momentum

Loading player...
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds se indirekte belegging in die begrafnisdiensverskaffer NamBob in 2019 kry momentum. Na jare van herstrukturering en operasionele hervormings het die maatskappy 'n netto wins van agt persent in die 2024/25-boekjaar aangeteken, na die fonds se belegging van 31 miljoen Namibiese dollar deur die Allegrow-fonds. Die fonds se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit 'n grondslag lê vir volhoubare groei. Sy het meer.
18 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staatsamptenare, só werk Psemas, GIPF-betalings

Die ministerie van finansies is besig om deur 'n oorgangsperiode te gaan met mediese skema- en pensioenvoordele en betalings. Die ministerie se woordvoerder, Jonathan Swartz het 'n belangrike kennisgewing aan die openbare sektor se werknemers oor Psemas-betalings.
15 May 10AM 1 min

Tienermeisies 'benodig kontrasepsie vir eie veiligheid'

Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry oor groot kommer in Kavango-Wes met skoolverlatings wat ‘n hoogtepunt bereik het in 2025, toe 1 460 leerders skool verlaat het met 332 meisies wat swanger geword het. In 2024 het 809 leerders skool verlaat met 273 meisies wat swanger geword het. Brigitt Loots,…
15 May 9AM 1 min

Zuma gaan appelleer teen besluit dat wapensaak voortgaan

Voormalige president Jacob Zuma het sy regspan opdrag gegee om te appelleer teen die uitspraak van die KwaZulu-Natal Hooggeregshof in Pietermaritzburg, wat opdrag gegee het sy wapenhandel-korrupsiesaak moet voortgaan. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staar 'n korrupsieklag van 'n multimiljard-Amerikaansde dollar wapentransaksie van 1999 in die gesig. Regter Nkosinathi…
15 May 9AM 1 min

Nascam 'ly onder swak toesig, ou stelsels en hoë koste'

Rauna Shipena, 'n spesialis in korporatiewe bestuur, sê deursigtigheid, verantwoordbaarheid en institusionele vertroue bly die grootste uitdagings vir die bestuur van die kreatiewe bedryf. Haar opmerkings kom nadat die raad van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, die uitvoerende hoof Albert Nicanor afgedank het na 'n…
15 May 8AM 1 min