Zim en SA versterk samewerking vir maatskaplike projekte

Loading player...
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, het ʼn memorandum van verstandhouding met haar Zimbabwiese ampsgenoot onderteken om samewerking in maatskaplike ontwikkeling te versterk. Dit sluit gebiede in soos kinderbeskerming, maatskaplike beskerming van kwesbare groepe, voorkoming en behandeling van dwelmmisbruik, en ondersteuning aan ouer en gestremde persone. Die departement se waarnemende woordvoerder, Sandy Godlwana, sê die memorandum bou voort op bestaande samewerking tussen die twee lande:
18 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Burokrasie' verhinder skep van Inligtingskommisaris

Meer is bekend oor die inligtingministerie se pogings om die wetgewing oor toegang tot inligting te implementeer, na dit reeds in 2022 in die Staatskoerant gepubliseer is. Inligtingminister Emma Theofelus sê burokrasie hou die instelling van die Kantoor van die Inligtingskommissaris terug.
15 May 11AM 1 min

Banyana-afrigter kondig groep aan vir Japan-wedstryde

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ʼn groep van 23 aangekondig om Japan volgende maand in twee internasionale vriendskaplike wegwedstryde te pak. Thembi Kgatlana en Bongeka Gamede, wat oorsee speel, is terug in die groep nadat hulle die onlangse kamp in Algerië weens beserings misgeloop het. Ellis sê…
15 May 11AM 1 min

Neem video's, foto's van padvarke, stuur na NamPol

Dit is weer naweek en daar lê nog 'n langnaweek en 'n vakansiedag voor dié maand. Videos het onlangs die rondtes op sosiale media gedoen van roekelose drywers op die nasionale paaie. NamPol se verkeershoof, Kommisaris Petrus Swartz, het op plaaslike media Namibiërs gewaarsku teen roekelose bestuur. Hy het hulle…
15 May 10AM 1 min

EU-sakeberaad lewer dermiljoene in beleggings

Die EU-sakeberaad het vandeesweek in die hoofstad afgesluit. Die hoogtepunte sluit in beleggings van 29 miljoen Namibiese dollar om Lüderitz te help voorberei vir ekonomiese en stedelike groei, 35 miljoen dollar vir geo-wetenskap en ondersteuning vir kritieke grondstowwe, en 14,5 miljoen dollar om Namibië se industriële standaardekapasiteit te versterk. 'n…
15 May 10AM 1 min