
EU-sakeberaad lewer dermiljoene in beleggings
Loading player...
Die EU-sakeberaad het vandeesweek in die hoofstad afgesluit. Die hoogtepunte sluit in beleggings van 29 miljoen Namibiese dollar om Lüderitz te help voorberei vir ekonomiese en stedelike groei, 35 miljoen dollar vir geo-wetenskap en ondersteuning vir kritieke grondstowwe, en 14,5 miljoen dollar om Namibië se industriële standaardekapasiteit te versterk. 'n Groen Nywerheidsberaad is ook aangekondig, wat in September vanjaar vir Swakopmund geskeduleer is. Die EU-ambasadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins het meer.

