Banyana-afrigter kondig groep aan vir Japan-wedstryde

Loading player...
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ʼn groep van 23 aangekondig om Japan volgende maand in twee internasionale vriendskaplike wegwedstryde te pak. Thembi Kgatlana en Bongeka Gamede, wat oorsee speel, is terug in die groep nadat hulle die onlangse kamp in Algerië weens beserings misgeloop het. Ellis sê die kragmetings bied geleentheid om spelers te toets in aanloop tot die Afrikabekertoernooi:
15 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NaCC hou konferensie oor samesmelting van Nampharm, CFAO Healthcare

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:
7 Jul 2AM 1 min

AfriForum baklei om matriekuitslae te publiseer

AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum…
7 Jul 2AM 1 min

Guterres bepleit billike KI

Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van…
7 Jul 1AM 1 min

Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê…
7 Jul 1AM 1 min

Agribank se gratis lesings hervat

Agribank, in samewerking met Nust, nooi boere, studente en die publiek uit na 'n reeks gratis lesings wat vandeesweek in Windhoek plaasvind. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, gee meer inligting oor die datums en waaroor die lesings handel.
7 Jul 1AM 1 min