Neem video's, foto's van padvarke, stuur na NamPol

Loading player...
Dit is weer naweek en daar lê nog 'n langnaweek en 'n vakansiedag voor dié maand. Videos het onlangs die rondtes op sosiale media gedoen van roekelose drywers op die nasionale paaie. NamPol se verkeershoof, Kommisaris Petrus Swartz, het op plaaslike media Namibiërs gewaarsku teen roekelose bestuur. Hy het hulle aangemoedig om videos en foto's te neem van oortredings en aan die polisie te stuur, om roekelose padgebruikers op te spoor.
15 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NaCC hou konferensie oor samesmelting van Nampharm, CFAO Healthcare

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:
7 Jul 2AM 1 min

AfriForum baklei om matriekuitslae te publiseer

AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum…
7 Jul 2AM 1 min

Guterres bepleit billike KI

Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van…
7 Jul 1AM 1 min

Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê…
7 Jul 1AM 1 min

Agribank se gratis lesings hervat

Agribank, in samewerking met Nust, nooi boere, studente en die publiek uit na 'n reeks gratis lesings wat vandeesweek in Windhoek plaasvind. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, gee meer inligting oor die datums en waaroor die lesings handel.
7 Jul 1AM 1 min