Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 30 Januarie
“Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV
Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei
Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor. God verlos nie net ons siele nie; Hy verlos ook ons ervarings - beide goed en sleg. Hy doen dit deur ons karakter te verfyn, ons gawes te ontwikkel en ons lesse te leer wat ons op geen ander manier kan leer nie. Ons leer die belangrikste lesse deur eerstehandse ervaring in die klaskamer van die lewe te ontvang. Die toetse is uitdagend, maar geen kurrikulum is meer effektief as dit nie. Jy slaag die toets deur in karakter te groei, die gawe te ontwikkel, of die les te leer wat God jou deur daardie ervaring probeer leer. God is aan die werk in jou lewe. Hy doen dit op maniere wat feitlik onmerkbaar is. Dawid het besef dat hy teen die beer en die leeu moes baklei, omdat dit hom voorberei het om Goliat te oorwin. Dis eers wanneer jy jou grootste uitdaging in die gesig staar dat God jou wys hoe, wanneer en waar Hy jou voorberei het. Dit is dan wanneer jy besef dat die stryd lank voordat jy op die slagveld staan, gewen is. Moses moes vir veertig jaar lank skape oppas voordat hy die kudde van Israel kon lei. Die dissipels moes visvang voordat hulle vissers van mense kon wees. ‘n Tyd van voorbereiding gaan elke goddelike afspraak vooraf. As ons ons aan die voorbereiding oorgee, sal God sy belofte nakom. Die tyd wat jy in die skaduwees deurbring, berei jou voor vir die tyd wanneer jy in die kollig sal wees. Die tyd wat jy op die kantlyn deurbring, berei jou voor om aan die voorpunt te wees – en om te wen.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min