Woord vir Vandag - 29 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 29 Januarie
“Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie…” Hebreërs 13:16 NLV
Word bewus van geleenthede om ‘goed te doen’
Petrus beskryf Jesus se lewe met die volgende woorde: ‘…Jesus het...oral goeie werke gedoen…’ (Handelinge 10:38 NLV). Om meer soos Christus te word, beteken om vir geleenthede te soek om goed te doen. ‘n Anonieme skrywer sê: ‘Wanneer mense onredelik, onlogies, selfgesentreerd en arrogant is, wees in elk geval lief vir hulle. Wanneer mense daarop aandring dat jou goedheid selfsugtige motiewe bevat, doen in elk geval goed. As jy suksesvol is, sal jy beide valse vriende en ware vyande wen. Strewe in elk geval na sukses. As jy eerlik is, sal sommige probeer om jou woorde te verdraai. Wees in elk geval eerlik. As jy vandag goed doen, kan sommige mense dit môre vergeet. Doen in elk geval goed. As jy jouself as ‘n groot persoon met groot idees bewys, moenie verbaas wees as jy deur klein mense met klein gedagtes teëgestaan word nie. Dink in elk geval groot. Wat jy jare lank gebou het, kan sommige mense oornag probeer vernietig. Bou dit in elk geval.’ President Theodore Roosevelt het gesê: ‘Dit is nie die kritikus wat tel nie - die persoon wat uitwys waar dit beter gedoen kon word nie. Hierdie eer behoort aan die persoon wat werklik dáár is, wie se gesig deur stof en sweet en bloed ontsier is; wat dapper streef; wat foute maak, wat keer op keer tekort skiet, wat groot entoesiasme en groot toewyding ken; wat hom- of haarself aan ‘n waardige saak wy; wat uiteindelik ten beste die triomf van hoë prestasie ken en ten ergste misluk terwyl hy of sy groot waagmoed aan die dag lê. Sy of haar plek sal nooit by daardie koue en skugter siele wees wat nóg oorwinning nóg nederlaag ken nie.’ Word bewus van geleenthede om goed te doen.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min