Woord vir Vandag - 28 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 28 Januarie
“Hoe kragtig is opregte woorde…” Job 6:25 AFR53
Jou woorde het krag
Hier is twee stories uit die geskiedenis wat illustreer hoe die krag van jou woorde ander kan beïnvloed: 1) Eendag het ‘n altaarseun die priester by ‘n mis in die plattelandse kerk in sy klein dorpie bedien. Die seun, senuweeagtig in sy nuwe rol, het per ongeluk die wynkruik laat val. Die priester het hom hard op die wang geslaan. Toe, met ‘n growwe stem wat die gemeente duidelik kon hoor, het hy geskree: ‘Verlaat die altaar en moenie terugkom nie!’ Daardie seun het Marshall Tito geword, die kommunistiese diktator wat Joego-Slawië dekades lank met wreedheid geregeer het. 2) Eendag het ‘n ander seun in ‘n groot stadskatedraal ‘n biskop by ‘n Sondagmis bedien. Hy het ook per ongeluk die wynkruik laat val. Die biskop het na hom gedraai, maar eerder as om in woede te reageer, het hy saggies met ‘n warm vonkel in sy oë gefluister: ‘Jy gaan eendag ‘n goeie priester wees.’ En hy was. Daardie seun het uiteindelik Aartsbiskop Fulton Sheen geword, wie se weeklikse televisie-preke elke week deur miljoene mense regoor Amerika gekyk is. Jou woorde het die krag om op te bou of af te breek, te verlig of te verwar, vrede te bring of verdeeldheid te veroorsaak. Die ou gesegde: ‘Sticks and stones may break my bones, but words will never hurt me,’ is eenvoudig nie waar nie. Jou woorde kan seermaak. Hulle kan egter ook selfbeeld bou, vriendskap skep, hoop gee en seën en genesing bring: ‘Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe’ (Spreuke 16:24 NLV). Bid dus soos Dawid: ‘Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser’ (Psalm 19:15 NLV).
18 Dec English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min