Woord vir Vandag - 27 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 27 Januarie
“Jubel, regverdiges van die Here! Dit pas opregtes om Hom te loof.” Psalm 33:1 NLV
Maak seker om die Here te loof
Van die 150 psalms wat in die Bybel opgeteken is, is die dominante herhalende tema: ‘Loof die Here!’ Die boek is soos ‘n memo van die Psalmdigter wat sê: ‘Vandag moet julle die Here vir seker loof.’ Dawid skryf in Psalm 34: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal net in die Here roem. Die nederiges sal dit hoor en bly wees. Kom verheerlik die Here saam met my; laat ons sy Naam prys’ (Psalm 34:2-4 NLV). In Psalm 113:1-3 (NLV), skryf die Psalmdigter: ‘Prys die Here! Ja, prys Hom, dienaars van die Here. Prys die Naam van die Here! Geseënd is die Naam van die Here, nou en vir altyd. Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word.’ In Psalm 118:24 (NLV) sê die Psalmdigter: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.’ Die Psalmdigter sê in Psalm 119:164 (NLV): ‘Ek loof U sewe keer per dag…’ Uiteindelik kom ons by Psalm 150 uit, die laaste psalm in die Bybel. In vers 6, die laaste vers van die laaste psalm, word ons weereens daaraan herinner: ‘Laat alles wat lewe, die Here loof! Loof die Here!’ (Psalm 150:6 NLV). Dit beteken dat solank as wat jy lewe en asemhaal, moet jy die Here loof. Wat jy dus ook al vandag doen, of nalaat om te doen, maak seker dat jy die Here loof.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min