Woord vir Vandag - 26 Jan 2026

Loading player...
Maandag 26 Januarie
“…Hulle is almal gesond gemaak.” Handelinge 5:16 NLV
Die genesende bediening van die Nuwe Testamentiese kerk
Voor Jesus hierdie aarde verlaat het, het Hy vir sy dissipels gesê: ‘…wie aanhou om in My te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen…’ (Johannes 14:12 NLV). Hulle het! ‘Die apostels het baie tekens en wonders onder die volk gedoen… Mense het selfs siekes op draagbare en bedmatjies in die straat uitgedra sodat wanneer Petrus verbyloop, sy skaduwee dalk op party van hulle kon val. Skares mense het van die dorpe rondom Jerusalem af gekom en siekes en mense gebring… Hulle is almal gesond gemaak’ (Handelinge 5:12, 15-16 NLV). Mense mag dalk sê: ‘Die apostels het dit net aan die begin gedoen met die doel om mense van Christus se opstanding te oortuig.’ Kom ons blaai dan na die laaste hoofstuk in die boek Handelinge en lees wat dertig jaar later in die kerk gebeur het. ‘Daar was ‘n plaas in daardie omgewing wat aan die hoof van die eiland, ‘n man met die naam Publius, behoort het. Hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik as sy gaste gehuisves. Dit het so gekom dat Publius se pa in die bed was, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy sy hande op hom gesit en hom gesond gemaak. Ná hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland gekom, en hulle is gesond gemaak’ (Handelinge 28:7-9 NLV). Die Nuwe Testamentiese kerk het een van die laaste instruksies wat Jesus vir sy apostels gegee het voor Hy terug hemel toe is, uitgevoer: ‘…Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral… Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo… Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word’ (Markus 16:15, 17-18 NLV). Dit beteken dat jy in geloof kan bid en God vir genesing kan glo.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min