Woord vir Vandag - 25 Jan 2026

Loading player...
Sondag 25 Januarie
“Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie...” Sagaria 4:10 AFR83
Begin klein en behou ‘n oorwinnende houding
Juan het in Porto Rico grootgeword, die seun van ‘n voorman by ‘n suikerrietplantasie. As een van ‘n gesin van agt het hy in ‘n driekamer-hut met ‘n grondvloer en geen toilet gewoon nie. Sy eerste werk, op sesjarige ouderdom, was om osse aan te dryf om die suikerrietlande te ploeg. Hy het agt uur per dag gewerk en een dollar verdien. Juan het gesê dit was in die suikerrietlande wat hy belangrike lesse geleer het, soos om stiptelik te wees, hard te werk en lojaal en respekvol teenoor sy werkgewers te wees. Op sewejarige ouderdom het hy werk by ‘n gholfbaan gekry. Hy moes balle vir die gholfspelers soek en hy het begin droom om self gholf te speel en genoeg geld te verdien om ‘n fiets te koop. Hoe meer hy gedroom het, hoe meer het hy gedink: ‘Hoekom nie?’ Hy het ‘n gholfstok van ‘n koejaweltak en ‘n stuk pyp gemaak en toe ‘n hamer gebruik om van ‘n leë blikkie ‘n bal te maak. Daarna het hy twee klein gaatjies in die grond gegrawe en die bal heen en weer tussen hulle geslaan. Hy het sy ‘gholf’ met dieselfde intensiteit beoefen as wat hy sy werk in die suikerrietland gedoen het en hy het goed - baie goed – daarmee geword. In sy een-en-dertig jaar as professionele gholfspeler het Juan ‘Chi Chi’ Rodríguez agt PGA-toergeleenthede en vier-en-twintig groot toernooie gewen. Hy is ook die eerste Porto-Ricaan wat in die Wêreldgholf-heldesaal opgeneem is. Wat kan ons by hom leer? Twee dinge: 1) Wees bereid om klein te begin. Die Bybel sê: ‘Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie…’ 2) Wees bereid om groot te droom, want jy dien ‘n groot God (sien Efesiërs 3:20).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min